ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Eben van den Heever (49). Foto verskaf.

Eben se skielike dood kom as skok

Date: 29 August 2019 By: 

Inwoners van Louis Trichardt het met groot hartseer verneem van die skielik dood van mnr. Eben van den Heever op 20 Augustus, slegs twee dae na sy 49ste verjaarsdag.

Wyle Eben is op 15 Julie met kolonkanker gediagnoseer. Dit het egter na sy lewer en niere versprei en daar was niks wat medici meer vir hom kon doen nie. Hy is in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria oorlede.

“Sy diagnose en skielike dood bietjie meer as ‘n maand later het vir ons almal as groot skok gekom,” het Eben se vrou Elsie gesê.

Eben-hulle is sedert 1991 inwoners van Louis Trichardt. Hy is gebore in Sasolburg, waar hy ook skoolgegaan het, maar hy het sy hoërskoolloopbaan aan Hoër Landbouskool Kuschke buite Polokwane voltooi.

Wyle Eben se begrafnisdiens het Woensdag, 28 Augustus, vanuit die Lede in Christus Kerk in Louis Trichardt plaasgevind. Hy word oorleef deur sy vrou Elsie, seun KC, dogter Almarie, skoonouers Lettie en Kallie Oosthuizen en skoonsuster Marietjie.

“Baie dankie vir almal wat ons bygestaan het met gebede en onderskraging. Dankie ook van al die SMS’e en oproepe,” het die familie gesê.

 
 
 

Viewed: 1716

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT