ADVERTISEMENT:

 

 
 

Lisensievrystellings baan weg vir bekostigbare energie

Date: 16 November 2017 By: Andries van Zyl

Agri SA het die regering se besluit om lisensievrystellings te implementeer ten opsigte van die Elektrisiteitswet verwelkom.

“Die Departement van Energie het die weg gebaan vir kleiner skaal hernubare energieprojekte om krag nie net vir eie gebruik te kan opwek nie, maar ook tot voordeel van sektore soos die landbou,” het Agri SA in ‘n perverklaring gesê. Dit volg nadat die departement op 10 November die Licensing Exemption and Registration Notice in die Staatskoerant (Nr. 41237) gepubliseer het.

Tot onlangs was die meeste onafhanklike kragopwekkingsprojekte verplig om te registreer en aansoek te doen vir ‘n lisensie by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa). In die praktyk plaas die registrasie en lisensiëring van alle onafhanklike kragopwekkingsprojekte, veral kleiner projekte, ‘n onnodige administratiewe las op die reguleerder asook ‘n finansiële las op die projekeienaar. Tot nou toe het hierdie vereiste boere met fotovoltaïese installerings (solar photovoltaic, of PV-installasies) verhinder om by die kragnetwerk aan te sluit. Die vrystelling van die lisensiëringsvereistes ingevolge die Wet op Elektristeitsregulering, 2006 (ERA) sal boere met bestaande PV-installerings help om aan te sluit by die Eskom-kragnetwerk sonder om aansoek te doen vir ‘n lisensie. Die vrystellings sal boere ook aanspoor om verder te belê om hul energievoorraad sodoende te diversifiseer.

Die departement se konsepkennisgewing wat aanvanklik op 2 Desember 2016 ingevolge ERA (konsep-vrystellings) gepubliseer is, maak voorsiening vir die vrystelling van die lisensiëringvereiste vir spesifieke aktiwiteite. “Dit sluit in geïnkorporeerde (embedded) opwekking indien die geïnstalleerde kapasiteit nie 1MW oorskry nie. Ingevolge die konsepvrystellings sal kleiner projekte (tot 1MW) toegelaat word om ongehinderd voort te gaan sonder om te voldoen aan die lisensiëringsvereistes,” het Agri SA gesê.

Volgens Agri SA kan hernubare energiebronne soos PV-installasies bydra tot die vermindering van koolstof in ‘n era wat gekenmerk word deur die geweldige impak van klimaatsverandering. “Volgens BP se Energy Outlook (2017) word hernubare brandstof in kragopwekking geraam as die vinnigste groeiende energiebron (7,6% per jaar) in hul vooruitsigte tot en met 2035. Die grootskaalse uitrol van sonkraginstallerings het gehelp om die koste van sontegnologieë te verlaag en die koste-mededingendheid daarvan te verbeter. Benewens die duidelike omgewingsvoordele, kan die gebruik van onafhanklike sonkrag bydra tot kostevermindering vir die verbruiker asook die ontwikkeling van ‘n plaaslike sonkragbedryfwaardeketting,” het Agri SA gesê.

Volgens Agri SA het die gebruik van sonkrag spesifieke potensiaal in die boerderybedryf en kan boere nie net hul koolstofvoetspoor verlaag deur PV-infrastruktuur te installeer nie, maar gelyktydig elektrisiteitskoste bespaar. “Daarom is dit geen verrassing dat boere, met die oog op die konsepvrystellings, ‘n berekende risiko geneem het om te begin te belê in PV-installerings op hul eiendomme nie. Volgens die energiekonsultantemaatskappy, Sonfin, beloop die belegging in sonkragprojekte deur hul boerekliënte tans tussen R200 en R350 miljoen. Nedbank se syfers toon hulle het oor die afgelope drie jaar finansiering van ongeveer R50 miljoen vir hernubare energieprojekte beskikbaar gestel. Nagenoeg 20% (R10 miljoen) was vir projekte wat geraak is deur die vertraging in die finalisering van lisensiëringsvereistes. Die vertraging van die inwerkingstelling van die konsepvrystellings het berging- en ander kostes deur die dak laat skiet,” het Agri SA gesê.

 
 
 

Viewed: 181

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT