ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wally Schultz, voorsitter van AfriForum se tak op Louis Trichardt.

AfriForum-man in hof oor vermiste wildsvleis

Date: 23 June 2017 By: Isabel Venter

Die voorsitter van Louis Trichardt se AfriForum-tak, Wally Schultz (62), word van veediefstal beskuldig.

Schultz het verlede Donderdag (15de) in die Messina Landdroshof verskyn op ‘n klag van veediefstal. Dit was die derde keer wat hy in die hof verskyn het op dié klagte.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder lt-kol. Moatshe Ngoepe hou die aantygings teen Schultz verband met wildsvleis wat Schultz na bewering onregmatig sou gevat en verkoop het aan ‘n vriend. Die vleis was glo afkomstig van ‘n gemsbok wat in ‘n draadstrik gevang was en uitgesit moes word.

Ngoepe het verduidelik dat Schultz na bewering onregmatig op die plaas gewoon het. "Hy het gekom en gegaan soos wat hy wou. Hy het na bewering die vleis op 22 Februarie 2017 geneem en het die dag daarna in die hof verskyn,” het Ngoepe gesê.

Schultz is na sy eerste verskyning in die hof met ‘n waarskuwing vrygelaat. Ná sy vlugtige hofverskyning verlede Donderdag is Schultz se saak uitgestel tot 1 Augustus. Schultz se regsverteenwoordiger het glo gevra vir die uitstel, sodat Schultz kans kan kry om ‘n vertoë saam te stel met redes waarom hy nié vervolg moet word nie.

 
 
 

Viewed: 1708

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT