ADVERTISEMENT:

 

 
 

Crime timeline

Voorvalle geïsoleerd, maar skerp veiligheid op

Date: 02 November 2015 By: Andries van Zyl

Mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie (SDLU), het na afloop van die vlaag van gewelddadige misdaad in die Louis Trichardt- en Waterpoort-omgewing gesê dit blyk dat die voorvalle geïsoleerde insidente was en nie met politiek verband hou nie.

Wat die Waterpoort-insident vroeër die week betref, het mnr. Herman de Jager, veiligheidsverteenwoordiger van die SDLU, gesê dat booswigte ‘n jong swartman in die been en kop gewond is. “Die motief vir die aanval kon nog nie bevestig word nie. Die wapen wat gebruik is, is vermoedelik gesteel tydens ‘n huisbraak in dieselfde omgewing,” het De Jager gesê. Die SDLU het hoë lof gehad vir die ondersteuning van die boere en die polisie om die booswigte te probeer vastrek. “Ongelukkig, selfs met helikopter ondersteuning vanuit die lug, is die spoor verloor waar dit die teerpad gekruis het. Alhoewel geen verdagtes vasgekeer is nie, blyk die situasie onder beheer te wees danksy die sterk optrede van die Waterpoort plaaswag en polisie,” het De Jager gesê.

In Louis Trichardt het ‘n soortgelyke insident die afgelope naweek plaasgevind, waar booswigte wapens bekom het deur diefstal wat gelei het tot ‘n wilde skietery. “Ongelukkig het ‘n man sy lewe verloor in die sinnelose skietery. In die Louis Trichardt insidente was die plaaswag, dorpswag en polisie se samewerking weereens merkwaardig. Twee verdagtes is hier reeds vasgekeer,” het De Jager gesê.

De Jager het sy ernstige kommer uitgespreek oor die feit dat daar met die laaste insidente (Levubu, Waterpoort en Vondeling) wapens gebruik is wat tydens huisbrake gesteel is. Hy het gesê dat wapens ‘n noodsaaklike stuk gereedskap is, nie net vir mense om hulself te verdedig nie, maar ook vir kriminele. In die afwesigheid van die eienaars by wonings waar wapens gestoor word, het De Jager gesê, kan dit dien as aansporing vir kriminele om in te breek. “Inwoners word daarom versoek om nie wapens in hul wonings agter te laat indien hulle vir langer as 24 uur hulle wonings onbewaak gaan laat nie. Werkende dele (gewere se slotte en pistole se lope) kan verwyder word en saamgeneem word om sodoende die wapen nutteloos te laat vir enige booswig,” het De Jager gesê.

Volgens De Jager is dit die polisie se taak is om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, maar die polisie kan nie elke oomblik van die dag elke enkele mens in die omgewing oppas nie. Om hierdie leemte te vul, het De Jager gesê, vervul die plaas- en dorpswag ‘n belangrike rol. “Die dorps- en plaaswag werk nóú saam en is almal mense wat besef dat dit noodsaaklik is om die gebied te domineer, sodat kriminele nie die gebied as ‘n sagte teiken sien nie. Die mandaat van die plaaswagstelsel is eenvoudig, duidelik en onbeskaamd: Om lewe en eiendom te beskerm. Indien jy onrustig voel en nie aan die dorps- of plaaswag behoort nie, skakel êrens in. Die dorps- en plaaswagte het reeds ‘n geruime tyd gelede beplanning gedoen vir soortgelyke situasies. Goeie samewerking is reeds gevestig met meeste van die polisiestasies in die SDLU gebied,” het De Jager gesê.

Ter afsluiting het Hoffman gesê dat geen persoon sy eie veiligheid kan delegeer nie. “Elke persoon bly verantwoordelik vir sy/haar eie beveiliging. Saam in ‘n groep is dit soveel meer effektief. TLU SA het reeds etlike jare gelede gebeurlikheidsbeplanningsdokumente voorsien en versoek dat algemene veiligheidsbewustheid opgeskerp word ... Raak betrokke, doen jou deel en verseker so ‘n gewaarborgde reaksie,” het Hoffman gesê. Hy het inwoners wat graag meer inligting hieroor wil bekom, uitgenooi om die SDLU se kantoor te skakel by tel. 015 516 3963.

 
 
 

Viewed: 342

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT