ADVERTISEMENT:

 

 
 

Onwettige jagters in Lubbe-saak pleit skuldig

Date: 25 July 2003 By: 

BANDELIERKOP – Vyf onwettige jagters het Vrydag (18de) hier in die hof skuldig gepleit op klagte van onwettige jag.

Die vyf, Bennet Lethole, Joseph Thabona, Moses Mufamadi, Vincent Mashau en Thomas Raluvhuma, se verskyning in die hof hou verband met 'n voorval op die plaas van mnr. Deon Lubbe einde verlede maand. Mnr. Lubbe het gedurende die middernagtelike ure 'n trop opgeleide jaghonde op sy plaas betrap en hulle met sy haelgeweer vankant gemaak, nadat hulle hom klaarblyklik aangeval het.

Die volgende dag het mnr. Lubbe na die polisiestasie op Bandelierkop gegaan om die saak aan te meld. Daar aangekom, moes hy verneem dat 'n klag van poging tot moord teen hom aanhangig gemaak is deur die eienaars van die groep honde wat onwettig op sy plaas gejag het. Mnr. Lubbe is gearresteer, waarna hy in die hof verskyn het en op borgtog van R1 000 vrygelaat is.

Intussen is die mans wat onwettig op sy plaas gejag het, van onwettige jag aangekla. Lethole, Thabona, Mufamadi, Mashau en Raluvhuma het almal skuldig gepleit op die klagte en is elk tot R1 300 of twee maande gevangenisstraf gevonnis. Die maksimum straf wat deur die wet toegelaat word vir só 'n oortreding, is R1 500 of drie maande gevangenisstraf.

'n Sesde verdagte in die saak, Godfrey Malange, is intussen aangekeer. Malange sal op 1 Augustus in die hof op Bandelierkop verskyn vir verhoor. Na wat verneem word, moet die staat nog besluit of hulle voortgaan met die saak van poging tot moord teen mnr. Lubbe. Dit volg nadat verskeie van die onwettige jagters beweer dat hulle deur haelkorrels getref is tydens die skietery op die honde.

 
 
 

Viewed: 988

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT