ADVERTISEMENT:

 

 
 

Willem de Klerk, mediareg prokureir van Johannesburg. Foto verskaf.

Mediareg: Remedies ná lasterlike beriggewing

Date: 13 May 2016 By: Andries van Zyl

Die Zoutpansberger het verlede week begin met ‘n reeks artikels om lesers beter in te lig oor hoe presies mediareg werk.

In die vorige artikel is daar gekyk na wat laster is en hoe ‘n balans tussen laster en vryheid van spraak getref moet word. Die artikels word saamgestel deur Willem de Klerk, ‘n prokureur van Johannesburg en kenner op die gebied van mediareg. Hierdie week fokus De Klerk op remedies wanneer bewering wel lasterlik is:

Die eerste ding wat mense dikwels wil doen, is dagvaar vir skadevergoeding. Dit is definitief ‘n opsie, maar is nie altyd die beste opsie nie. Die omvang van skadevergoeding wat ons howe gereeld toeken is relatief min, gemiddeld so tussen R40 000 en R100 000. ‘n Lastereis is dus nie ‘n weg na rykdom nie. Daarbenewens is regskostes hoog en dit neem maklik jare voor jy in die hof staan. Teen daardie tyd is die laster dikwels vergete en stel jy waarskynlik nie meer belang in die saak nie.

Daar is alternatiewe. Wanneer dit ‘n koerant of media-publikasie betref, is ‘n brief aan die redakteur dikwels ‘n goeie beginpunt. Waar feitefoute begaan is, vra vir ‘n regstelling en apologie, tesame met ‘n verwydering van die aanlyn berig. Waar jou kommentaar nie gevra is of behoorlik weergegee is nie, vra dat jy spasie gegun word om jou kant te stel en dat dit gekoppel word aan die aanlyn berig.

‘n Klagte by die persombudsman is ook ‘n goeie opsie. Die voordeel hier is dat jy vinnige resultate sal kry teen min of geen kostes. Die persombudsman het ‘n persoon in diens wat jou sal help met jou klagte en geen prokureurs word toegelaat nie.

Waar jy deur Internet publikasies belaster word, eis die onmiddellike verwydering van die publikasie. As dit nie werk nie, nader die Internet diensverskaffer met ‘n sogenaamde take-down notice. ‘n Laaste uitweg sal wees om ‘n dringende hofbevel aan te vra om die lasterlike stelling te verwyder. Meeste sosiale media platforms het ook 'n report this post funksie waar jy die lasterlike inhoud kan rapporteer.

Laster kan ook krimineel wees. Waar jy kan bewys die laster is kwaadwillig gepleeg, kan jy ‘n klagte by die polisie indien. Onthou om ‘n rekord te hou van dit waaroor jy kla. Maak uitdrukke van publikasies op die Internet want as dit eers weg is, is dit aansienlik moeiliker om dit weer in die hande te kry.

 

 

 
 
 

Viewed: 828

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT