ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Wimpie Brits (45). Foto verskaf.

Bekende lugmagman skielik oorlede

Date: 13 November 2015 By: Andries van Zyl

Die nuus van mnr. Wimpie Brits van Louis Trichardt se skielike dood op Woensdag, 4 November, het as ‘n groot skok vir inwoners gekom.

Wimpie is omstreeks 14:00 in die Limpopo MediClinic in Polokwane oorlede. Hy was 45 jaar oud. “Dit is met baie hartseer dat ons as gesin, familie en vriende van Wimpie afskeid neem,” het die familie gesê.

Wyle Wimpie was vir bykans 25 jaar verbonde aan die Suid-Afrikaanse Lugmag. Ten tye van sy dood was hy by LMB Makhado gestasioneer waar hy as grondveiligheidsoffisier werksaam was.

‘n Roudiens vir wyle Wimpie is Woensdag, 11 November, vanuit die NG Kerk Louis Trichardt gemeente gehou. Hy word oorleef deur sy vrou Lenie, seun Juandré en dogter Laruchke, asook ouers Flip Brits en Rika Botha, broer Louis en susters Estelle en Nicolette.

Die gesin het hul dank uitgespreek teenoor almal vir hulle boodskappe van vertroosting en medelye. Hulle het ook die mediese personeel van LMB Makhado en die Limpopo MediClinic bedank, insluitend dr. Jannasch.

 
 
 

Viewed: 269

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT