back to list


 

'n 1 Miljoen ster aansit ete

Wie sal dan nou ‘n vyf-ster kies as daar 'n Miljoen ster reg op jou deurstoep is? Die perfekte aand speel laat middag-aand af in die Namib Woestyn.

Met 'n rooi uitsig van die eindelose sand en hemel blou lig word die aand afgeskop met 'n verfrissende somer drankie wat bedien word met 'n gepaste Springbok capriccio vir 'n voorgereg.

Terwyl die son sak oor die pragbeeld skiet die vonkelwyn se prop om die mooi dag te vier! Met die verwelkoming van die Aandster klink ons 'n glasie vonkelwyn....

Nou met 'n lekker glas Rooiwyn in die hand word 'n feestelike Volstruis filet bedien; murg sag en smul lekker.

Met die stilte wat ons omvou en die miljoen sterre laat dit mens klein voel en waardeer mens jou geliefde weer opnuut.

Om die aand mee af te sluit moet daar ietsie soet wees om die soet herinneringe van die aand vas te vang, te kan herontdek met al jou sintuie en in te prent in jou hart. Die aand word dan af gesluit met 'n bloed rooi Peer nagereg...

Met die son wat gesak het en met die sterre hemel bo ons uit gestrek kan ons in mekaar se arms verdwaal en teenwoordigheid van mekaar geniet.

- Jandré van Jaarsveldt.


Like this article to place your vote for it