ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die toneelgroep van Hoërskool Louis Trichardt se stuk, Harnas, wat die  onderwerp van mensehandel aanspreek, is beskryf as oorspronklik en kreatief, ná hulle optrede by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom. Hoewel hulle nie ‘n prys gekry het nie, is regisseur en skrywer Marcel van Niekerk genader vir toestemming om Harnas met professionele akteurs op te voer.

Professionele akteurs wil Harnas ook opvoer

Date: 17 October 2014 By: Linda van der Westhuizen

Die toneelgroep van Hoërskool Louis Trichardt se stuk Harnas, wat die onderwerp van mensehandel aanspreek, is beskryf as oorspronklik en kreatief, ná hulle optrede by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom.

Hoewel hulle nie ‘n prys gekry het nie, is regisseur en skrywer Marcel van Niekerk genader vir toestemming om Harnas met professionele akteurs op te voer.

Hoërskool Paarl Vallei van Somerset-Wes met WolkKop het met die eersteprys van die ATKV Tienertoneelkompetisie van R30 000 weggestap, met Hoërskool Jan van Riebeeck van Kaapstad tweede met Na ‘n ander aarde en Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp derde met Hartskelder.

Triegie Jamy Jonker het baie van WolkKop  gehou. “Hulle toneelspel was baie oortuigend en hulle het my die hele tyd op die punt van my stoel gehad,” het Jamy gesê.  Nog ‘n lid van die groep, Ndodzo Mawela, het gesê dat daar oneindig baie talentvolle tieners, skrywers en regisseurs in die land is. “Hulle talent het my verstom! Die ATKV doen regtig iets besonders vir die kunste,” het Ndodzo gesê. Marietjie Leonard het bygevoeg dat dit ‘n groot ervaring was om deel te kon wees van die ATKV se 50ste bestaansjaarvieringe by Aardklop.

Vir diegene wat Harnas misgeloop het, is dit ongelukkig neusie verby, want as gevolg van die matrieks se druk program, sal daar nie weer ‘n opvoering gehou kan word nie.

 
 
 

Viewed: 310

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT