ADVERTISEMENT:

 

Nuwe drink-gier hier (Video)

Date: 21 February 2014 By: Isabel Venter

Viewed: 6999

 

Renier Fourie, nog ‘n inwoner van Makhado (Louis Trichardt), het iets besonders en uniek met sy neknominasie gedoen.

Renier het aan die koerant verduidelik dat hy en sy vrou, Anri, saam besluit het om eerder die ding op ‘n ander manier te pak en iets positiefs te doen. Hulle het ‘n neknominasie gesien waar iemand iets goeds doen teenoor ‘n behoeftige persoon, en besluit dit is wat hulle eerder wil doen.

So gesê, so gedaan en saam het hulle toe besluit om ‘n winterpakkie op te maak vir die rolstoelboemelaar wat tans in die omgewing van Mount Fuji Motors op die sypaadjies bly.

Op die video, wat Renier beskikbaar gemaak het aan die koerant, staan hy saam met Johannes, wat ook bekend staan aan almal in die dorp as Regional. Voor Renier die pakkie aan Johannes oorhandig, bedank hy eers vir Walter Gilfillan vir die nominasie, en wys dan die klere en kos wat in Johannes se pakkie is voordat hy dit aan hom oorhandig.

Hierna klink Renier en Johannes ‘n halfliter melk, voordat hulle dit saam sink. Renier sluit sy video af deur vir Philip “Neutkraker” Potgieter, Chris “Bonsmara” Erasmus en Barend “Radio” le Roux te nomineer. 

“Ek dink op hierdie manier kan mens ‘n groot verandering  bring in ons dorp en ek daag almal uit om iets soortgelyks te doen,” het Renier gesê. (Lees die volledige berig)

 
 

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

More videos...

ADVERTISEMENT