ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

So kan publiek help misdaad bekamp

Date: 17 September 2015 By: Andries van Zyl

Mnr. Dirk Meissenheimer, voorsitter van die Sektor Misdaadforum in Louis Trichardt, het namens die forum 'n beroep gedoen op besigheidseienaars en inwoners om die polisie behulpsaam te wees in die stryd teen misdaad.

“Ek wil graag die publiek bewus maak van die volgende probleemareas wat ons ondervind tydens ons vergaderings en wat die polisie daagliks ondervind,” het Meissenheimer gesê.

Eerstens het Meissenheimer besigheidseienaars versoek om asseblief duidelike noodnommers en name van kontakpersone op hul sakepersele se hoofingange aan te bring. Dit is ook belangrik, sê hy, dat straatnommers duidelik aangebring word. “Indien die polisie op ‘n toneel opdaag en dalk moet ingaan, kan hulle dadelik die persoon op bystand skakel om die winkel oop te sluit,” het Meissenheimer gesê.

Tweedens het Meissenheimer inwoners versoek om seker te maak hul wonings se straatnommers is duidelik sigbaar op deure en hekke. “Die polisie en sekuriteitsmaatskappye kan nie vinnig optree en op ‘n toneel opdaag as daar gesoek moet word na ‘n huisnommer nie. Dit lei tot groot frustrasies en kosbare tyd wat verlore gaan. Lewens kon in daardie tyd gespaar word. Elke minuut tel by ‘n misdaad,” het Meissenheimer gesê.

Wanneer die polisie geskakel word in geval van nood, sê Meissenheimer, is dit ook belangrik dat die persoon wat skakel hul straatadres duidelik deurgee en ook mooi verduidelik wat die probleem is. Hy het ‘n beroep gedoen op inwoners om met die polisie hande te vat en met hulle saam te werk. “Meld asseblief enige probleem, of iets wat verdag is, dadelik by die SAPD aan. Onthou egter, hulle is ook net mense en het soms baie ander sake wat hulle ook moet ondersoek. Moenie dat ons hul tyd mors met verkeerde inligting nie,” het Meissenheimer versoek.

In geval van nood kan die polisie se aanklagkantoor geskakel word by tel. 015 519 4300 of 083 206 5594. “Indien u nie regkom nie, skakel kol. Tshililo by 082 414 6272 of kol. Rambau by 082 573 3289. Belangrik, skakel eers die kantoor en as u nie regkom nie, skakel dan die ander offisiere,” het Meissenheimer gevra. Hy het verder inwoners uitgenooi om hom te skakel indien hulle nie ‘n bevredigende oplossing of hulp van die polisie kry nie, sodat hulle kan help om die probleem as Sektor Misdaadforum op te los. “Enige voorstelle kan ook na my gestuur word. Ek sal alle probleme met die stadiebevelvoerder opneem,” het Meissenheimer gesê. Hy kan geskakel word by tel. 082 789 3927 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

 
 
 

Viewed: 203

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT