ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die raaisel van die oorsprong van ‘n persoon se stoflike oorskot wat in ‘n klein houtkissie op ‘n vullishoop by ‘n huis in Louis Trichardt op 27 Augustus gevind is, is opgelos.

Raaisel oor menslike oorskot opgelos

Date: 12 September 2015 By: Andries van Zyl

Die raaisel van die oorsprong van ‘n persoon se stoflike oorskot wat in ‘n klein houtkissie op ‘n vullishoop by ‘n huis in Louis Trichardt op 27 Augustus gevind is, is opgelos.

Ek was stomgeslaan toe ek verlede week die artikel gelees het,” het me. Joann Botha van Louis Trichardt aan die Zoutpansberger gesê. Die koerant het in die uitgawe van 4 September oor die vonds gerapporteer en die publiek gevra om te help om die familie van M. M. E. Jacobsz op te spoor. Op die kissie was ‘n plaatjie met die naam en datums wat wys die persoon is op 14 Junie 1954 gebore en oorlede op 11 Februarie 2008. Die kissie is gevind deur mnr. Schalk Piater, wat toesig gehou het oor ‘n skoonmaak-aksie by ‘n huis te Jeppestraat 16B. Die huis moet omskep word in kantore.

“Ek het haar net geken as ‘Nonnie’. Sy was ‘n dierbare mens en werklik die gom wat haar familie bymekaar gehou het,” het Joann gesê. Sy het daarna vertel hoe sy Nonnie geken het.

Volgens Joann het haar seun, Nico, en Nonnie se dogter Grietha saamgewerk by ‘n maatskappy in Komatipoort waar Nonnie-hulle gebly het. Haar seun en Grietha het begin uitgaan, maar later het beide sonder werk gesit, toe die maatskappy waarvoor hulle gewerk het hul deure gesluit het.

Grietha se ma is intussen oorlede en is veras. “Grietha was baie lief vir haar ma en het orals haar as saamgeneem,” sê Joann.

In ‘n stadium het Nico en Grietha na Louis Trichardt verhuis in die hoop om werk te kry. Daarna was hulle vir ‘n kort tydjie weg na Mokopane, maar het weer teruggekeer en was toe by Jeppestraat 16B woonagtig.

Die twee het sowat twee jaar gelede weer na Mokopane verhuis toe Nico daar werk gekry het. Ongelukkig het Grietha siek geword. Sy het gely aan motor-neuron siekte. Haar siektetoestand het versleg en in Februarie vanjaar is sy in die hospitaal in Nelspruit oorlede. Sy was maar 33 jaar oud.

“Ek vermoed dat met die getrekkery heen en weer en Grietha se siekte het die kissie agterweë gebly in die buitekamer waar hulle van hul goed hier gestoor het,” sê Joann.

Die artikel oor die kissie met oorskot het Joann slapelose nagte gegee en sy het begin om die Jacobsz-familie weer te probeer opspoor. Dit het haar uiteindelik uitgebring by Elize, Nonnie se ander dogter. “Sy was oorstelp van vreugde met die nuus,” sê Joann. Elize het altyd gewonder oor waar haar ma se oorskot was. Nou kan sy dit saam met haar oorlede pa en sussie in ‘n muur van herinnering sit. “Ek het regtig gedink Grietha het al haar ma se as gestrooi. Ek dink haar mammie moet nou gaan rus,” sê Grietha.

Teen druktyd was reëlings reeds in plek om Nonnie se oorskot terug te kry by haar dogter op Komatipoort.

 
 
 

Viewed: 415

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT