ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Makhado Care Group van Louis Trichardt het Dinsdagmiddag ‘n welkome skenking van Laerskool Louis Trichardt ontvang. Van die ouers se kant af is R30 000 ingesamel en oorhandig. Daarbenewens is ‘n verdere R6 000 deur leerlinge van beide Laerskool Louis Trichardt en Tzaneen ingesamel. Dit vorm alles deel van ‘n fondsinsamelingsprojek wat drie jaar gelede deur lede van die skool se destydse O/11-rugbyspan begin is. Van links na regs staan me. Jernay Mcleod, dr. Casper Venter en me. Yvette Gaigher, saam met skoolhoof mnr. Louis Linde.

Jongelinge se inisiatief werp steeds vrugte af

Date: 22 May 2015 By: Andries van Zyl

Die Makhado Care Group van Louis Trichardt het Dinsdagmiddag ‘n welkome skenking van Laerskool Louis Trichardt ontvang.

Sowat drie jaar gelede het die huidige kaptein van die eerste rugbyspan, Franco Knoetze, besluit dat hulle (toe nog die O/11-span) ‘n projek van stapel wil stuur waardeur hulle geld vir die stryd teen kanker kan insamel. In daardie stadium het van die span se spelers se ouers met kanker geworstel. Hulle het destyds besluit dat hulle, asook die skool se ouers en medeleerlinge, geld vir dié doel sal insamel. As deel van die projek het hulle ook in pienk rugbytruie uitgedraf.

Die tradisie het voortgeleef en ‘n jaarlikse instelling geword. Dinsdag het beide die skool se eerste netbal- en rugbyspanne in pienk uitgedraf in hul tuisveld-kragmeting teen Laerskool Tzaneen. As deel van die dag se verrigtinge  is die geld wat hierdie jaar ingesamel is ook aan die Makhado Care Group oorhandig. Van die ouers se kant af is R30 000 ingesamel en oorhandig. Daarbenewens is ‘n verdere R6 000 deur leerlinge van beide Laerskool Louis Trichardt en Tzaneen ingesamel. Dit nadat Laerskool Tzaneen gevra het om ook betrokke te raak by die projek, nadat hulle verneem het waaroor die projek gaan.

Buiten vir die finansiële bystand het die Makhado Care Group ‘n verdere groot borgskap ontvang. Thompson's Motors in Louis Trichardt het vir ‘n periode van ‘n jaar ‘n Volkswagen Polo Vivo aan die organisasie beskikbaar gestel. Die voertuig sal aangewend word deur lede van die groep vir veraf besoeke, asook help om pasiënte na en van behandelings in ander stede te vervoer.

Dr. Casper Venter van die Makhado Care Group het na afloop van die oorhandigings gesê dat hy nie woorde het om almal te bedank vir die skenkings nie. “Dit is vir my spesiaal, want deur die projek word kinders van jongs af geleer om om te gee,” het Venter gesê. Hy het sy dank aan elke persoon wat die projek ondersteun het uitgespreek.

Franco het van sy kant af ook almal bedank vir hul ondersteuning. “Vir ons as span is dit ‘n groot voorreg om deel te wees van die projek,” het hy gesê.

Die span wat die inisiatief drie jaar gelede geloods het, maak hierdie jaar klaar met laerskool. Mnr. Louis Linde (skoolhoof) het egter die versekering gegee dat die projek steeds ‘n jaarlikse instelling by die skool sal wees.

 
 
 

Viewed: 242

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Buiten vir die finansiële bystand het die Makhado Care Group ‘n verdere groot borgskap ontvang. Thompson's Motors in Louis Trichardt het vir ‘n periode van ‘n jaar ‘n Volkswagen Polo Vivo aan die organisasie beskikbaar gestel. Afgeneem tydens die oorhandiging Dinsdag is, van links na regs, Franco Knoetze (eerste rugbyspan kaptein), mnr. Quinton Thompson (Thompson's Motors), dr. Casper Venter, me. Jernay Mcleod en me. Yvette Gaigher.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT