ADVERTISEMENT:

 

 
 

Conrad van Wyk (middel voor) neem ‘n “selfie” van sy gaste in die lugballon. Regs van hom staan Le Roux Hoffman, wat die vlug gereël het. Foto verskaf.

Dit was ‘n een-maal-in-’n-leeftyd ervaring

Date: 08 May 2015 By: Andries van Zyl

Inwoners van Levubu is vroeg Maandagoggend, 27 April, begroet met ‘n buitengewone gesig.

‘n Reusagtige lugballon het grasieus en stil die lugruim opgehelder, tot groot opgewondenheid, maar ook verwondering oor waar die lugballon vandaan kom.

Dié lugvaart was dit danke aan Le Roux Hoffman. Sy ma, Lana, vertel dat Le Roux by ‘n vorige geleentheid in ‘n lugballon opgeneem is en dat hy dit so geniet het, dat hy dit doodeenvoudig net weer moes doen. Hy het bietjie navorsing gedoen, die ballonvaart bespreek en 14 mense bymekaar gekry om saam met hom dié een-maal-in-‘n-leeftyd ervaring te deel.

“Almal was dit eens dat dit 'n ondervinding is wat jy nie kan oordra nie, en wat dit besonders gemaak het, is dat ons oor ons eie, bekende omgewing gevaar het en nie oor die stad of 'n vreemde plek nie! Buiten almal wat kom waai het van onder af – veral die plaaswerkers - het ons ook bokke en 'n haas uit die lug gesien!” vertel Lana.

Conrad van Wyk van Life Ballooning het hierdie unieke ervaring vir die 14 gelukkiges kom moontlik maak. Hy en sy 74-jarige pa is ervare vlieëniers met ondervinding oor baie jare en het al in 10 lande gevlieg.

Na afloop van die vlug is daar lekker ontbyt geniet by Hippo Lodge. Daar is sommer ‘n opvolgvlug gereël wat beplan word vir Junie. Die koste beloop R2 850 per persoon, wat ook ontbyt insluit. Opstygtyd sal wees net na 06:00 die oggend en almal moet gemaklike klere (langbroeke vir die vroue) en skoene dra, omdat daar oor die mandjie se rand geklim moet word. Kinders moet langer as 1,2 m wees. Persone (minimum van 14 per vlug) wat graag die vlug wil meemaak, kan vir Le Roux skakel by tel. 083 458 9760.

 
 
 

Viewed: 358

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Le Roux Hoffman binne die reusagtige lugballon terwyl dit vol warm lug geblaas word vir die opstygslag. Foto verskaf.

Inwoners van Levubu is vroeg Maandagoggend, 27 April, begroet met ‘n buitengewone gesig. ‘n Reusagtige lugballon het grasieus en stil die lugruim opgehelder, tot groot opgewondenheid, maar ook verwondering oor waar die lugballon vandaan kom. Foto verskaf

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT