ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die plaaslike tak van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereeniging (BJV) het verlede naweek hul eerste skietdag vir die jaar aangebied. Hierdie deelnemers het almal ‘n medalje vir hulself losgeskiet. Foto verskaf.

Suksesvolle eerste skiet vir BJV

Date: 12 March 2015 By: News Correspondent

Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag, 7 Maart,  hul eerste skietdag van die jaar suksesvol aangebied.

Daar is die dag in ses kategorieë meegeding, naamlik junior seuns (agt tot 12 jaar), senior en junior seuns (13 tot18 jaar), junior meisies (agt tot12 jaar), senior en junior meisies (13 tot 18 jaar) en dan ook senior mans en vroue.

Die eerste vier plekke in elke kategorie het `n medalje ontvang.

Tiny Rademeyer was die eerste junior meisie, gevolg deur Gezelle Koen, Cheyene van Zyl en Shiloh van Zyl. Die eerste junior seun was Wian du Toit, gevolg deur Justin Breytenbach en Wikus Engelbrecht.

Alecia Rieger was die eerste meisie in die ouderdomskategorie vir meisies tussen die ouderdom van 13 en 18 jaar, gevolg deur Simoné du Toit. Die eerste seun in dié kategorie was Jakobus Smit, met Erwee Robertze en Hendri Denner tweede en derde.

Die eerste vrou was Monique Rademeyer, gevolg deur Adri Vermaak, Mariaan Rademeyer en Marcelle Pieterse. Ampie du Toit eindig eerste in die kategorie vir senior mans, gevolg deur Mike Vermaak, Frikkie de Jager en Gerald Marlich.

 
 
 

Viewed: 205

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT