ADVERTISEMENT:

 

 
 

Rioolwater wat gedurende die Desembervakansie voor die tennisbane in Andersonstraat gestroom het. Dit is van die probleme wat inwoners laat wonder of die ontwikkeling van 'n nuwe dorpsgebied nie eers moet wag totdat daar noodsaaklike herstelwerk aan die huidige infrastruktuur gedoen is nie. Foto verskaf.

Planne in plek vir groot uitbreiding suid van dorp

Date: 16 January 2015 By: Isabel Venter

Die Makhado Munisipaliteit het groot vooruitsigte vir die ontwikkeling van die suidelike gedeelte van Louis Trichardt.

Volgens die munisipaliteit sal die ontwikkeling van ‘n nuwe dorpsgebied plaasvind op gedeelte sewe van die plaas Bergvliet. Dit is die gedeelte wat alombekend staan as die Padkamp-uitbreiding.

Die munisipaliteit het reeds gedurende November vir Nhlatse Planning Consultants aangestel as die ontwikkelingspan, en inwoners kon tot en met die einde Desember hul besware teen die besluit indien.

Volgens die munisipaliteit word daar beoog om 99 residensiële erwe, vyf munisipale erwe, vier parke en een openbare munisipale eiendom uit te sit vir ontwikkeling. Die munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bobodi, kon nie bevestig hoeveel begroot is vir die ontwikkeling nie, maar dat die munisipaliteit wel voorsien om hierdie jaar grond te breek met die projek.

Intussen het die beoogde ontwikkelingsvoorstel reeds kritiek van inwoners ontlok.

“Hoe kan die munisipaliteit dit oorweeg om nuwe parke te bou as hulle nie eers die bestaande parke in stand kan hou nie,” wou mev. Inga Gilfillan weet. Sy het ook haar kommer uitgespreek oor die dorp se rioolnetwerk wat so te sê ineengestort het. “Die vakansie het riool in ‘n rivier voor die tennisbane geloop,” het sy gesê, “en net om die hoek staan die dorpswembad nog steeds in verval.”

Bobodi het, op ‘n vraag oor of plaaslike infrastruktuur soos die riool-, water- en elektrisiteitsnetwerke opgegradeer gaan word vir die nuwe dorpsgebied, geantwoord dat “die infrastruktuur daarvoor reeds bestaan.”

 

 
 
 

Viewed: 120

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT