ADVERTISEMENT:

 

 
 

Departement gaan kyk na Graad 9’s se uitslae

Date: 12 December 2014 By: Isabel Venter

Leerlinge in nie net plaaslike skole nie, maar oor die hele land, sukkel om somme te doen.

Dit het aan die lig gekom tydens die bekendstelling van die jaarlikse nasionale assesseringstoetse (ANA’s) van die Departement van Basiese Onderwys die afgelope week. Sedert die inwerkingtreding van die ASA’s in 2012, het die gemiddelde wiskundepunt vir Graad 9 van 13% tot 10.8% gedaal.

Ongeveer 7 miljoen leerders van regoor Suid-Afrika het in September vanjaar hierdie toets afgelê. Met behulp van hierdie toets word kinders in Graad 1 tot 6 en in Graad 9 se lees- en syfervaardighede getoets, sodat die departement kan bepaal watter skole ekstra aandag moet gee aan hul taal- en wiskunde klasse.

Nog ‘n skok was dat slegs 3% van alle Graad 9’s wat die ASA toets hierdie jaar geskryf het, meer as 50% behaal het vir wiskunde. Limpopo se leerlinge het die slegste gevaar met hul somme. In die Vhembe-streek het net 6.5% van alle Graad 9’s die slaagsyfer gehaal - dit is ‘n 3% daling teenoor verlede jaar se 9.5%.

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het erken dat dié syfers haar diep teleurgestel het.

Leerders se gebrekkige begrip van wiskundige konsepte, sowel as onderwysers se klaarblyklike gebrek aan die nodige kennis, het Motshekga gesê, is te blameer vir vanjaar se teleurstellende uitkoms. Baie leerlinge, amper 80%, ontvang ook nie onderrig in hul moedertaal nie, wat ook ‘n bydraende faktor is.

Daar was darem ook goeie nuus gewees. Met die uitsondering van Graad 9, het al die ander grade ‘n verbetering getoon in wiskunde in vergelyking met vorige jare. Al die grade het ook ‘n verbetering gewys in huistaal vakke en eerste addisionele taal vakke.  

Oor die pad vorentoe het Motshekga gesê dat daar geen Kersfees vir haar departement sal wees nie – daar sal hard gewerk word aan ‘n ingrypingstrategie om leerlinge se punte om te draai. “Die uitslae wys in die algemeen dat die stelsel reageer op die gebreke en die onderprestering in die stelsel. Die ANA’s is dus vir eers hier om te bly,” het Motshekga gesê.

 
 
 

Viewed: 126

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT