ADVERTISEMENT:
Hoërskool Louis Trichardt se Elané Visser het weereens eerste geëindig in die afdeling vir sub-Junior meisies tydens die tweede ronde van die skole XCO-bergfietsliga wat die afgelope naweek by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé in Polokwane beslis is. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.
Date: 09 August 2024 By: Andries van Zyl
Louis Trichardt se jong fietsryers het Saterdag, 3 Augustus, behoorlik geskitter tydens die tweede ronde van die Limpopo XCO-bergfietsliga wat by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé in Polokwane aangebied is. Hoërskool Louis Trichardt se ryers sorg vir nie minder nie as agt podiumplekke, terwyl Laerskool Louis Trichardt se jong trappers drie podiumposisies inneem.
Triegies se senior trappers wat podium plekke inpalm het ingesluit Elané Visser (1ste sub-Junior meisie: hoërskool), Eli Signer (1ste sub-Junior seun: hoërskool), Andre van Ree (algehele 2de Youth seun, maar 1ste o.15 seun in sy ouderdomsgroep), Jacques du Preez (algeheel 2de Junior seun, maar 1ste o.18 seun in sy ouderdomsgroep), Cara Bruce (2de sub-Junior meisie), Peroux du Preez (2de o.15 Youth seun in sy ouderdomsgroep), Thabo Mulaudzi (3de Junior o.17 seun in sy ouderdomsgroep) en Amelia Scheepers (3de Junior o.17 meisie in haar ouderdomsgroep).
Top 10 plekke in hulle onderskeie ouderdomsgroepe is ook behaal deur Hoërskool Louis Trichardt trappers Brendan Bruce (4de Junior o.17 seun), Max Baloyi (4de Youth o.16 meisie), Leeanne van Heerden (4de Junior o.17 meisie), Chrizette Odendaal (5de Youth o.15 meisie), Shoni Mathekgane (5de Junior o.17 meisie), Matthew Lee (6de Junior o.17 seun), Angel Mantsha (6de Youth o.16 meisie), Lourens Oosthuizen (7de sub-Junior hoërskool seun), Mikeila Scheepers (7de sub-Junior hoërskool meisie), Danae Schuch (7de Youth o.15 meisie), Liané Smit (8ste sub-Junior hoërskool meisie), Renette Nel (9de Youth o.15 meisie) en Daniel Lee (10de Junior o.17 seun).
Wat Laerskool Louis Trichardt se jong trappers betref, behaal Nirieke Meiring ‘n algehele 2de plek in die afdeling vir sub-Nipper meisies, terwyl Mauritz Meiring vir homself ‘n 3de plek lostrap in die afdeling vir Sprog seuns. In dieselfde afdeling vir meisies (Sprog) behaal Mia Venter ook ‘n 3de plek.
Wat ander individuele uitslae betref, behaal AJ Moulder ‘n 4de plek in die sub-Nipper afdeling vir seuns. In dieselfde afdeling was Pierre Willemse (10de), JG Hammann 11de, Masase Muladi 18de, Friedrich Swart 21ste en Reynecke Smit 23ste.
In die Nipper-afdeling vir seuns was Christiaan Odendaal 7de, Luan Smit 8ste, Louis Swart 12de en Jonathan Van Heerden 21ste. Christopher Swart was 8ste in die Sprog-afdeling vir seuns, met spanmaat Adriaan Erasmus 17de, Ruan de Beer 32ste en Cayden Gouws 44ste in dieselfde ouderdomskategorie. Lihané Meiring was 10de in die Sprog-afdeling vir meisies.
Wat die sub-Junior afdeling betref, was Aidan Bruce die 6de seun, met Drian de Swardt in die 25ste plek, nadat hy die laaste ronde met ‘n pap wiel moes voltooi. Klara Swart was die 6de meisies in dié ouderdomsgroep.
Ná afloop van die tweede ronde van die provinsiale skole XCO-liga beklee Hoërskool Louis Trichardt ‘n redelik gemaklike eerste plek met 385 punte. Hoërskool Merensky is tweede met 199 punte, gevolg deur Hoërskool Pietersburg met 145 punte. Hoërskool Hans Strydom is vierde met 140 punte en Hoërskool Eric Louw vyfde met 116 punte.
In die afdeling vir laerskole is Laerskool Pietersburg Oos eerste met 310 punte, gevolg deur Laerskool Louis Trichardt in die tweede plek met 184 punte. Laerskool Krugerpark is derde met 150 punte. In totaal neem 17 laerskole aan die liga deel.
Viewed: 1259
|
Tweet |
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.
More photos...
ADVERTISEMENT
ADVERTISEMENT:
ADVERTISEMENT