ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Hoërskool val vas teen Junedi ná goeie wen teen Premjee

Date: 02 November 2023 By: Andries van Zyl

Twee wedstryde is weer die afgelope naweek beslis in die Louis Trichardt krieketklub se volgende ronde wedstryd in die plaaslike T10-liga wat Saterdag, 28 Oktober, op die Louis Trichardt Ovaal plaasgevind het.

In die eerste wedstryd van die dag het Hoërskool Louis Trichardt teen Premjee te staan gekom. Daarna het hulle teen Junedi XI uitgestap.

In hul wedstryd teen Premjee het die hoërskool se kolwers ‘n skaflike 161 lopies vir die verlies van slegs drie paaltjies (161/3) aangeteken, met dubbelsyferbydraes deur kolwers Leon Olwage (44 lopies vanaf 15 balle, wat ingesluit het ses viere en twee sesse), Amir Bux (80 lopies vanaf 22 balle, wat ingesluit het twee viere en tien sesse) en Brendan Bruce (22). Vir Premjee het Husein Patel een paaltjie vir die verlies van 24 lopies in twee beurte (1/24/2) en Dev Padhiar 1/40/2 ingeoes.

Premjee se kolwers het behoorlik in hulle kolfbeurt gesukkel, met slegs Keyur Pandya (21) en Riyan Patel (12) wat dubbelsyfers kon aanteken vir ‘n eindtotaal van 63/6 in hulle toegelate 10 beurte, wat aan die hoërskool ‘n 98-lopie oorwinning besorg het. Vir die hoërskool het boulers Jody Buys 1/3/1, Francois Nel 1/5/1, Zakaria Patel 1/5/1 en Brendan Bruce 1/14/2 geneem.

Die hoërskool was daarna minder gelukkig in hulle wedstryd teen Junedi XI. Hulle het eerste ingegaan om te kolf, met die kolwers wat hard moes veg om lopies op die telbord te plaas. Openingskolwer Leon Olwage kon slegs 33 lopies aanteken (wat ingesluit het een vier en vier sesse), maar ná sy vertrek het die res van die kolflys ietwat inmekaar gestort. Slegs Jody Buys, in op nommer vyf, kon ook dubbelsyfers (10 lopies) aanteken, en met slegs 78 lopies op die telbord is die hoërskool in 9.3 beurte uitgeboul. Vir Junedi het bouler Iqram Kamboli 3/7/2 platgetrek. Sy spanmaat Irfan Junedi het ook drie paaltjie laat kantel, met ‘n boulontleding van 3/19/2, terwyl Furkan Manch 2/21/2 en Imran Bhatia 1/5/2 geneem het.

Junedi se kolwers het vanaf die eerste bal die teiken gejaag, met dubbelsyferbydraes deur Aslam Kothiya (12), Husen Diwan (12), Umer Rana (23) en Hamza Bumaliya (13) om hulle telling na 80/4 in agt beurte te neem vir ‘n ses-paaltjie oorwinning. Vir die hoërskool het bouler Amir Bux 1/5/1, Fahan Khoja 1/21/2 en Brendan Bruce 1/25/2 ingeoes.

Eerskomende Saterdag (4 November) kom die hoërskool te staan teen RCI om 13:30 op die Louis Trichardt Ovaal. Daarna sal die semi-finale en finaal beslis word die naweek van 11 November.

 

 
 
 

Viewed: 1992

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT