ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Warriors en Killers kraai koning in volgende T10-wedstryde

Date: 26 October 2023 By: Andries van Zyl

Die Warriors het Saterdag, 21 Oktober, die Strikers beperk tot 70 lopies vir ‘n 42-lopie oorwinning in die volgende ronde wedstryde in die Louis Trichardt Krieketklub se T10-liga. Die Soutpansberg Killers het op hulle beurt ‘n 61-lopie oorwinning behaal oor Premjee.

Warriors het in hulle wedstryd eerste ingegaan om te kolf en kon 112 lopies vir die verlies van slegs drie paaltjies in hulle 10 beurte aanteken. Die telling was grootliks te danke aan kolwer Stephan Boshoff, wat ‘n 50-tal aangeteken het vanaf 33 balle, met dubbelsyferbydraes vanaf die kolf deur spanmaats Jacque Burger (30) en Ashraf Padarwala (10). Vir die Strikers het bouler Riaan Gerber een paaltjie geneem vir die verlies van vyf lopies in een beurt (1/5/1) terwyl Christo Boshoff 1/11/1 kon neem.

Die Strikers se kolwers kon net nie goed op dreef kom nie, met dubbelsyfer lopiebydraes deur Hanco Kok (17), Riaan Hamman (18), Riaan Gerber (14) en Quinton Prinsloo (10). Aan die ander kant het die Warriors se boulers paaltjies met reëlmaat laat kantel. Bouler Jacque Burger het uitgestaan met ‘n boulontleding van 3/15/2, terwyl Ashraf Padarwala 2/9/1 en Hasan Dewan 1/15/2 ingeoes het.  Die Strikers se telling van 70/7 het aan die Warriors hulle 42-lopie oorwinning besorg.

In die ander wedstryd van die dag het die Killers ingegaan om eerste te kolf in hul wedstryd teen Premjee en hulle pad oopgeveg tot ‘n telling van 103/4 in hulle 10 beurte. Vanaf die kolf is dubbelsyferbydraes gelewer deur Zander Volgraaff (13), AC Geldenhuys (39), Lukas Visser (17) en Ruan van Tonder (14). Vir Premjee het bouler Kaysar Patel 2/28/2 geneem, met Sarfraz Patel en Tosif Kaba wat geëindig het met boulsyfers van onderskeidelik 1/15/2 en 1/28/2.

Premjee se kolfbeurt het in duie gestort, met slegs Yasur Patel wat dubbelsyfers vanaf die kolf kon aanteken met 16 lopies. Die hele span is uitgeboul in die agste boulbeurt met hulle telling op slegs 42 lopies, wat aan die Killers hulle gemaklike oorwinning besorg het. Wat die Killers se boulwerk betref, was Zander Volgraaff in verwoestende vorm met ‘n boulontleding van 5/11/2. Dewald Joubert het 2/4/2 geneem, terwyl Ruan van Tonder 1/10/2 en AC Geldenhuys 1/17/2 ingepalm het.

Op Saterdag, 28 Oktober, word die volgende ronde wedstryde beslis op die Louis Trichardt Ovaal wanneer Hoërskool Louis Trichardt om 13:30 eers teen Premjee te staan kom en daarna (om 15:30) teen Junedi XI.

 

 
 
 

Viewed: 1904

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT