ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Soutpansberg Muurbalklub se wenspan wat die afgelope naweek die eerste “Soutpansberg Summer Challenge” gewen het. Voor (van links na regs) is Louise Lordan, Erik Welman en Ronel Welman. Agter is Gysbert Guillaume en Pieter Guillaume.

Soutpansberg wen eerste 'Summer Challenge'

Date: 06 October 2023 By: Andries van Zyl

Vir die eerste keer in jare het die Soutpansberg Muurbalklub weer as wenners uit die stryd getree in wat voorheen bekend gestaan het as die Soutpansberg Uitdaagtoernooi.

Die Soutpansberg Muurbalklub het vir bykans 30 jaar die Soutpansberg Uitdaagtoernooi aangebied, wat gespeel is tussen twee spanne van Gauteng, Louis Trichardt en ‘n gekombineerde Limpopo-span. Dit is aanvanklik begin deur ‘n vriendskap tussen Niewies (Johan van Nieuwenhuizen) en Sponsie (Hendrik Niemand) wat saam gewerk het in Pretoria. Toe Niewies na Louis Trichardt verhuis het, het hierdie uitdaagtoernooi tussen die twee vriende begin en later uitgebrei na agt spanne wat deelgeneem het. Ongelukkig het hierdie toernooi in 2019 doodgeloop, kort voor die Covid-pandemie. 

Ná die pandemie het Soutpansberg se nuwe generasie spelers, wat as jong kinders deel was van die toernooi, met die gedagte begin om weer so ‘n toernooi die lig te laat sien. Erik Welman van Louis Trichardt en Damon Scholz (Pretoria) is universiteitsvriende en het vroeër dié jaar besluit om ‘n soortgelyke uitnodigingstoernooi te begin.

Wat gevolg het was die eerste “Soutpansberg Summer Challenge 2023” wat die afgelope naweek (30 September tot 1 Oktober)  plaasgevind tussen Soutpansberg, Piere van Ryneveld en twee spanne van Adelaars. Met strawwe wedstryde, seer spiere en moeë lywe het Soutpansberg met ‘n naelskraapse oorwinning die trofee verower. Die toernooi het terselfdertyd as ‘n fondsinsameling gedien om die klub se fondse aan te vul.  Die klub wil graag hulle borge (Vhavhenda Bricks, Limpopo Melkery, Palm Kafee, Louise en Theo Lordan, Etienne Champion) en elke speler en ondersteuner bedank vir hulle bydraes en ondersteuning.

 

 
 
 

Viewed: 2196

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT