ADVERTISEMENT:

 

 
 

In die sub-junior afdeling vir laerskoolseuns was dit weereens André van Ree (regs) van Laerskool Louis Trichardt wat gemaklik die veld uitgestof het vir sy soveelste eerste plek hierdie seisoen. Hy is tans die provinsiale voorloper in sy afdeling. Langs hom ry Hoërskool Louis Trichardt se Nicolas Archer, wat die sub-junior afdeling vir hoërskool seuns gewen het. Hy is die enigste ryer van Hoërskool Louis Trichardt wat Saterdag ‘n eerste plek kon beklink.

Triegie-trappers laat opposisie sweet tydens Tour de Lip

Date: 25 August 2023 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt het die afgelope naweek gasheer gespeel vir die derde ronde van die provinsiale XCO-Bergfietsreeks en hul voorsprong op die provinsiale punteleer weer vergroot. Met nog net een ronde oor in die reeks wil dit lyk of Triegies moeilik geklop gaan word as topskool.

Ná afloop van Saterdag, 19 Augustus, se wedren, het Hoërskool Louis Trichardt nou 415 punte. In die tweede plek is Hoërskool Merensky met 298 punte en Hoërskool Pietersburg derde met 142 punte.

Triegies het gespog met heelwat Top 10 posisies. In die afdeling vir sub-junior seuns het Nicolas Archer weereens eerste klaargemaak. Hy is die enigste ryer van Hoërskool Louis Trichardt wat ‘n eerste plek kon beklink. In dieselfde afdeling was Aiden Smit sesde en Peroux du Preez 10de. Wat die afdeling vir sub-junior meisies betref, was Triegies se Chrizette Odendaal vyfde, Danae Schuch sewende en Renette Nel agtste.

In die afdeling vir Youth seuns het Brendan Bruce net-net ‘n podiumplek gemis met die vierde plek. Thabo Mulaudzi was vyfde, Unarine Shotheli sesde en Daniel Lee 10de. In dieselfde afdeling vir meisies was Amelia Scheepers vyfde, Xhoë Smit agtste, Mijanke Venter negende en Maxelo Baloyi 10de.

In die baie strawwe afdeling vir junior seuns het Triegies se Jacques du Preez tweede geëindig. Nduvhu Mudugwe was vierde en Andani Raphalalani 10de. In dieselfde afdeling vir meisies was Stefanie Venter sesde, Mieke Veldman sewende en Anika Thompson 10de.

In die laerskole afdeling het Laerskool Louis Trichardt se jong oefengroepie weereens baie goed gevaar, met nie minder nie as ses podiumplekke, waaronder twee eerste plekke, twee tweede plekke en twee derde plekke.

In die afdeling vir meisie sub-Nippers was Nirieke Meiring derde. In dieselfde afdeling was Annabelle van Deventer sewende, tuisskoler (t) Isabella McGhee agtste, Evene Botha 11de en Emma Mae Gethen (t) 12de. In dieselfde afdeling vir seuns was Pierre Willemse 10de, Milander Meiring 13de, Jonathan van Heerden 23ste, AJ Moulder 25ste, Ethan Janse van Rensburg 33ste en Layton Olwage 34ste.

Wat die Nipper-afdeling vir meisies betref, was Lihane Meiring sesde, Elana Burger 11de, Chloe Singer (t) 12de, Emilee van Deventer 17de en Katinka Maree 24ste. In dieselfde afdeling vir seuns het die jong Mauritz Meiring weer ‘n eerste plek losgetrap. Spanmaats Christiaan Odendaal was 12de, Adriaan Erasmus 15de, Ethan McGhee (t) 21ste en Aiden McGhee (t) 35ste.

In die afdeling vir Sprog-meisies was Mia Venter derde, Mia Singer (t) 11de, Zane Adlam (t) 12de en Tayle Walberer (t) 15de. In dieselfde afdeling vir seuns het Aiden Bruce vir ‘n goeie tweede plek gesorg. Daniel George was 11de, Drian de Swart 12de en Reinhardt Ravenscroft 19de.

Stertrappertjie Cara Bruce was weereens op die podium met ‘n tweede plek in die sub-junior afdeling vir laerskoolmeisies en in dieselfde afdeling vir seuns het André van Ree gemaklik die veld uitgestof vir sy soveelste eerste plek hierdie seisoen. Oefenmaats Eli Signer (t) was vierde, Wian Joubert negende, Lourens Oosthuyzen 12de, Willie Venter 14de, Robert Strydom 19de en Franco Botha 23ste.

Wat die laerskole-afdeling betref, loop Pietersburg Oos Skool voor met 470 punte. Laerskool Louis Trichardt is tweede met 300 punte en Laerskool Krugerpark derde met 294 punte.

 

 
 
 

Viewed: 1681

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT