ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiwe pak lang pad vanaf Vryburg

Date: 17 August 2023 By: Andries van Zyl

Duiwe van die Hangklip (HLP) en Soutpansberg (SPB) Resiesduifklubs het die afgelope naweek vanaf Vryburg oor ‘n afstand van 675 km in ‘n jaaroud- en opewedvlug gekompeteer.

In die jaaroudwedvlug is 80 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Gerhardt Bezuidenhout (HLP), nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1 319.53 meter per minuut. Hy was ook 18de. Mieke & Mike Coetzee (HLP) was 2de en 6de, RWJ & Mike Coetzee (HLP) 3de, 10de, en 11de, Pienaar Hokke (HLP) 4de, 12de, 13de, 15de en 19de, Nico & Dian Bezuidenhout (HLP) 5de en 14de, Louis Gossmann (SPB) 7de en 20ste en Marx Hokke (SPB) 8ste, 9de, 16de en 17de.  

In die opewedvlug is 79 duiwe losgelaat. Die wedvlug is gewen deur Pienaar Hokke, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1 429.47 meter per minuut. Die duif van Pienaar Hokke het ook die eerste plek in die Verre Noord Resiesduif Federasie kompetisie uit 300 duiwe behaal en was ook amper sewe minute voor die volgende duif terug gewees by sy huis. Pienaar Hokke was ook 6de, 12de en 13de. Gerhard Bezuidenhout was 2de, 11de, 14de, 17de, 19de en 20ste, Marx Hokke 3de, 5de, 8ste, 15de en 16de, RWJ & Mike Coetzee 4de, Nico & Dian Bezuidenhout 7de, 9de en 10de en Louis Gossmann 18de.

Eerskomende naweek vlieg die klubs se duiwe in twee opewedvlugte vanaf Bloemfontein oor ‘n afstand van 770 km.

 

 
 
 

Viewed: 1077

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT