ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Plaaslike duiweboere se duiwe eerste in Verre Noord

Date: 04 August 2023 By: Andries van Zyl

Duiwe van die Hangklip (HLP) en Soutpansberg (SPB) Resiesduifklubs het die afgelope naweek die langpad vanaf Bloemhof aangedurf oor ‘n afstand van 670 km, en ten spyte van die weer wat nie vir die duiwe gunstig was nie weens ‘n redelike sterk noordewind oor die Noord-Kaap en Vrystaat, het hulle steeds ‘n gemiddelde spoed van sowat 1 000 meter per minuut behaal.

‘n Wyfie-jongduif van Mike Coetzee (HLP) het donker Sondagoggend om 05:36 eerste ingeklok in die jaaroudwedvlug. Sy was nie net die eerste duif tuis van die Hangklip klub nie, maar ook die eerste duif in die Noordstreek en eerste duif in die Verre-Noord Resiesduif Federasie, waar sy teen 308 ander duiwe meegeding het.

Wat die Noordstreek betref, is 88 duiwe in die jaaroudwedvlug losgelaat. Slegs die eerste 20 posisies van die plaaslike klubs word egter hier genoem. RWJ & Mike Coetzee (HLP) se wenduif het die afstand voltooi met ‘n spoed van 1 042.19 meter per minuut. Hulle was ook 3de, 4de, 5de en 9de. Louis Gossmann (SPB) was 2de, 10de en 20ste, Pienaar Hokke (HLP) 6de, 17de en 19de, Nico & Dian Bezuidenhout 7de, 11de en 18de, Mieke & Mike Coetzee 8ste en 12de, Marx Hokke (SPB) 13de en Gerhardt Bezuidenhout (HLP) 14de, 15de en 16de.

Die opewedvlug is gewen deur Gerhardt Bezuidenhout, met sy duif wat eerste was in die Hangklip klub, eerste in die Noordstreek en ook eerste in die Verre Noord Resiesduif Federasie. Altesaam 87 duiwe is in die Noordstreek vrygelaat, met Gerhardt se wenduif wat die afstand voltooi het met ‘n spoed van 990.66 meter per minuut. Mieke & Mike was 2de, 4de, 9de en 14de, Nico & Dian 3de, 8ste, 11de en 20ste, Marx Hokke 5de, 6de, 10de, 17de en 18de, Louis 7de en 12de, Seun van Rensburg (Letaba) 13de, Pienaar Hokke 15de en 16de en Osie Oosthuizen (SPB) 19de.

Tans lê RWJ & Mike eerste op die Noordstreek-punteleer in die jaaroudkampioenskap met 784 punte. Mieke & Mike is tweede met 759 punte. In die derde plek is Gerhardt en Marx Hokke met 698 punte en vierde is Nico & Dian met 689 punte.

Eerskomende naweek neem die Noordstreek deel aan twee opewedvlugte vanaf Bloemfontein oor ‘n afstand van 770 km.

 

 
 
 

Viewed: 1425

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT