ADVERTISEMENT:

 

 
 

In die sub-junior (hoërskole) afdeling het Hoërskool Louis Trichardt met twee podium plekke gespog. Nicolas Archer (middel) was eerste, met Peroux de Preez (regs) derde. Foto verskaf.

Triegie-trappers beïndruk tydens eerste skole XCO

Date: 03 August 2023 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt het bo-aan die punteleer geëindig in die hoërskole-afdeling ná afloop van die eerste ronde van die Limpopo XCO-Bergfietsreeks wat op 29 Julie by Hoërskool Merensky aangebied is, bekend as die Tour de Plaas.

Hoërskool Louis Trichardt het altesaam 36 fietsryers na die byeenkoms gestuur, wat in totaal 139 punte vir die skool bymekaar gemaak het. Tweede was Hoërskool Merensky met 125 punte en derde PHS van Polokwane met 40 punte.

Uit die skool se 36 ryers het Triegies vyf podiumplekke behaal. In die sub-junior (hoërskole) afdeling het Nicolas Archer ‘n fantastiese wedren gery om eerste te eindig. Spanmaat Peroux du Preez was derde in dieselfde afdeling. Ook in die Youth-afdeling vir seuns het Triegie Brendan Bruce skitterend gery vir ‘n tweede plek, terwyl Junel Joubert in dieselfde afdeling vir meisies derde was. In die uiters kompeterende afdeling vir junior seuns het Triegies se Jacques du Preez glad nie teleurgestel nie met ‘n derde plek op die podium.

Ook Laerskool Louis Trichardt se jong trappertjies het besonder goed gevaar.

In die sub-Nipper afdeling vir meisies was Nirieke Meiring 3de, terwyl Milander Meiring en Pierre Willemse in dieselfde afdeling 9de en 10de was. Wat die Nipper-afdeling vir meisies betref, was Lihane Meiring 7de en Elana Burger 13de. In dieselfde afdeling was Mauritz Meiring 2de, Adriaan Erasmus 10de, Christiaan Odendaal 14de en Ruan de Beer 18de. Mia Venter was vyfde in die Sprog-afdeling vir meisies, met Aiden Bruce, Daniel George en Drian de Swardt wat onderskeidelik 2de, 9de en 22ste in dieselfde afdeling vir seuns klaargemaak het.

In die sub-junior (laerskole) afdeling spog Laerskool Louis Trichardt met ‘n eerste plek in beide die wedren vir seuns en meisies. Cara Bruce was die eerste meisie tuis, met André van Ree die eerste seun oor die eindstreep. Die ander seuns in die afdeling wat gery het was Wian Joubert 11de, Robert Strydom 17de, Willie Venter 18de, Evan Prinsloo 20ste en Lourens Oosthuizen (wat sy ketting moes regmaak tydens die wedren en steeds klaar gery het) 23ste.

In Laerskool Louis Trichardt se oefengroep was daar ook agt tuisskolers. Hulle was Chloe Signer, wat 9de was in die Nipper meisies-afdeling en in die dieselfde afdeling vir seuns was Ethan McGee 19de en Aiden McGee 21ste. In die Sprog-afdeling vir meisies was Mia Signer 15de, Zane Adlam 19de en Tayla Walberer 20ste. In die sub-junior (laerskole) afdeling vir seuns was Eli Signer 4de.

 

 
 
 

Viewed: 1660

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT