ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Leon Olwage onstuitbaar met die kolf

Date: 03 August 2023 By: Andries van Zyl

Slegs een wedstryd is die afgelope naweek beslis in die Louis Trichardt Krieketklub se volgende ronde T20-wedstryde en vir die Warriors was dit beslis ‘n naweek om eerder van te vergeet, veral vir hulle boulers.

Die Warriors het Sondag, 30 Julie, te staan gekom teen Limpopo Melkery, met Limpopo wat eerste ingegaan het om te kolf. Vandaar was dit ‘n redelik eensydig affêre, met openingskolwer Leon Olwage wat die boulaanval letterlik verwoes het. Hy het ‘n ongelooflike 198 lopies (nie uit nie) gemoker vanaf slegs 80 balle vir ‘n treftempo van 247,50. Sy kolfbeurt het ingesluit 21 viere en 15 sesse. In die teenoorgestelde kolfkampie het AJ Fourie gekolf teen sowat ‘n lopie per bal met ‘n telling van 43 voordat hy gevang is deur Jacques Burger vanaf die boulwerk van Brendan Bouwer. Daarna het Dewald Joubert ingekom en een lopie van een bal (nie uit nie) aangeteken vir ‘n eindtelling van 261 lopies vir die verlies van slegs een paaltjie in Limpopo se 20 beurte. Al Warriors se boulers het dus bietjie pakslae gekry en al wat hulle vir hulle harde werk kon wys was een paaltjie vir die verlies van 57 lopies in vier beurte deur Bouwer.

Die Warriors het die telling probeer jaag, met openingskolwer Hussain Diwan wat 90 lopies van 56 balle af (agt viere en vyf sesse) geslaan het voordat sy paaltjie geval het, maar aan die ander kant van die kolfkampie het sy mede-kolwers se paaltjies met reëlmaat bly val. Die enigste ander twee kolwers wat dubbelsyfers kon aanteken was Jacques Burger (13) in op nommer twee en Frans Lottering (21) in op nommer 4. Die Warriors het hulle kolfbeurt op ‘n telling van 156 lopies vir die verlies van ses paaltjies geëindig, wat aan Limpopo ‘n 105 lopie oorwinning besorg het.

Limpopo se mees ekonomiese bouler was Vimal Shah, wat een paaltjie vir die verlies van slegs een lopie in drie beurte geneem het (1/1/3). Brendon Bruce het 1/15/4 geneem, Dewald Joubert het 2/17/3 gevat, André Coetzee senior het 1/21/3 geneem en Naweed Jolly 1/35/3.

Die ander wedstryd van die naweek, tussen die NTT Vikings en Louis Trichardt Academy, het nie Saterdag plaasgevind nie, met die Vikings wat punte gestuur het.

Eerskomende naweek word die twee semi-finale wedstryde in die liga op die Louis Trichardt Ovaal beslis. Op Saterdag (5de) kom die eerste en vierde plekke teen mekaar te staan en Sondag die tweede en derde plek bekleërs.

 

 
 
 

Viewed: 1301

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT