ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Wispelturige weer stuit nie duiwe nie

Date: 27 July 2023 By: Andries van Zyl

Te midde van wispelturige weersomstandighede het lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) resiesduifklubs se duiwe goeie tye behaal in hulle jaaroud- en opewedvlug vanaf Theunissen die afgelope naweek oor ‘n afstand van 670 km.

In die jaaroud-wedvlug is 82 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur RWJ & Mike Coetzee (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1239.66 meter per minuut. Hulle was ook 3de, 4de, 7de, 11de en 15de. Mieke & Mike Coetzee (Hlp) was 2de, 5de, 6de, 8ste, 10de, 12de en 19de, Louis Gossmann (Spb) 9de, Marx Hokke (Spb) 13de, Pienaar Hokke (Hlp) 14de, 16de en 20ste en Gerhard Bezuidenhout (Hlp) 17de en 18de.

In die opewedvlug is 81 duiwe losgelaat. Ook dié wedvlug is gewen deur RWJ & Mike Coetzee, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 1242.58 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 11de, 12de en 14de. Mieke & Mike Coetzee was 3de en 13de, Nico & Dian Bezuidenhout (Hlp) 4de en 19de, Marx Hokke 5de, 6de en 17de, Gerhard Bezuidenhout 7de, 8ste, 15de, 16de, 18de en 20ste en Seun van Rensburg (Letaba) 9de en 10de.

Wat die middelpad-kampioenskappe betref, loop RWJ & Mike Coetzee voor met 1 531 punte in die Noordstreek. Mieke & Mike Coetzee is tweede met 1 515 punte, met Nico & Dian Bezuidenhout derde met 1 459 punte. Gerhardt Bezuidenhout en Marx Hokke is vierde en vyfde met onderskeidelik 1 406 punte.

Eerskomende naweek neem die klubs deel aan ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Bloemhof, ook oor ‘n afstand van 670 km.

 

 
 
 

Viewed: 1256

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT