ADVERTISEMENT:

 

 
 

Spelers van regoor die land sal Saterdagaand weet wie vanjaar die gesogte Hanglip 54-trofee gaan vashou.

Soutpansberg speel vir 30ste keer gasheer van Hanglip 54

Date: 06 July 2023 By: Andries van Zyl

Een van die streek se grootste toernooie op die gholfkalender, die jaarlikse Hanglip 54-toernooi, word vanaf 6 tot 8 Julie vir die 30ste keer deur die Soutpansberg Gholfklub in Louis Trichard aangebied.

Vanjaar se kompetisie sal weer ’n vol veld van 128 spelers lok, met die fokus wat weereens op besoekende spelers sal wees. Vanjaar is 74 spelers besoekers met die nou reeds bekende “Klerksdorp groep” wat 34 spelers daarvan opmaak. Die res van die veld is plaaslike spelers. Baie druk rus op die plaaslike spelers, aangesien hulle lanklaas die gesogte Hanglip 54-trofee omhoog kon lig.

Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ’n beterbal Stableford-kompetisie meeding. Elke dag lewer dus twee wenners op. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele Stableford-telling oor al drie dae aanteken.

Anders as vorige jare borg spesifieke instansies nie die drie dae se spel nie, maar ‘n kombinasie van borge. Hierdie borge sluit in Limpopo Toerisme, Northgate Lodge, Buffelsfontein Brandewyn, Oasis Water, NTT Isuzu, Makhado Roof Trusses, SAB Makhado, Trellidor Louis Trichardt, Soutpansberg Koelkamers, Newco Meat, Action Ford en The Pro Shop Woodmead.

 

 
 
 

Viewed: 1609

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT