ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiweboere se wedvlugseisoen reeds in volle swang

Date: 30 June 2023 By: Andries van Zyl

Die wedvlugseisoen in die Noordstreek is weer in volle swang, met lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs wat die afgelope naweek aan hulle vierde ronde wedvlugte van die seisoen deelgeneem het toe hulle duiwe op 24 Junie vanaf Parys oor ‘n afstand van 495 km gevlieg het.

Die wedvlug het in mooi weer plaasgevind en daarom het die duiwe ‘n goeie spoed huis toe geklok.

In die jaaroudwedvlug is dit RWJ & Mike Coetzee (Hlp) wat met die louere wegstap, nadat hulle wenduif die wedvlug voltooi met ‘n spoed van 1412.52 meter per minuut. Hulle was 2de, 3de, 7de, 10de, 11de en 13de. Louis Jordaan (Hlp) was 4de, 5de en 6de, Mieke & Mike Coetzee (Hlp) 8ste, 9de, 12de, 18de, 19de en 20ste, Nico & Dian Bezuidenhout (Hlp) 14de, Gerhard Bezuidenhout 15de en 16de en Pienaar Hokke 17de.

In die opewedvlug is dit Louis Jordaan wie se wenduif eerste tuis arriveer met ‘n spoed van 1 433.58 meter per minuut. Nico & Dian Bezuidenhout was 2de en 4de, Gerhard Bezuidenhout 3de en 12de, TE Smit (Hlp) 5de, 6de, 8ste, 13de en 14de, Pienaar Hokke 9de, Mieke & Mike Coetzee 7de, Louis Gossmann (Spb) 10de, 18de, 19de en 20ste, RWJ & Mike Coetzee 11de en Marx Hokke (Spb) 15de, 16de en 17de.

Met vier rondtes wedvlugte agter die rug beklee Louis Jordaan tans ‘n eerste plek op die provinsiale punteleer met 770 punte. RWJ & Mike Coetzee is tweede met 760 punte en Mieke & Mike Coetzee derde met 742 punte. Nico & Dian Bezuidenhout is vierde met 741 punte en Gerhard Bezuidenhout vyfde met 720 punte.

Eerskomende naweek vlieg die klub weer ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Klerksdorp oor ‘n afstand van 530 km.

 

 
 
 

Viewed: 1159

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT