ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt se trotse seuns o.14-hokkiespan, wat koning kraai in die hokkieliga vir groot skole in hulle ouderdomsgroep. Heel voor is Kevin Siebani. In die tweede is (van links na regs) is mnr. Craig Viljoen, Dylan Maynier, Francois Nel, Leander Kotze, Rhangi Baloyi en Daniel Musekene. Agter is Xadrian Snyman, Wynand Benade, Vukosi Mikasi, Mukethwa Radzilani, Ndamulelo Muthala, Thato Legodi en mnr. Lourens Barnard. Foto verskaf.

Jong Welpies “brul” koning in hokkieliga vir groot skole

Date: 23 June 2023 By: Karla van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt se o.14-hokkieseuns het Vrydag, 16 Junie, vir ‘n opskudding gesorg in die hokkieliga vir groot skole deur vir Hoërskool Merensky in die finaal te klop en as oorwinnaars gekroon te word.

Triegies se o.14 “welpies” het twee wedstryde die dag gespeel. Eers het hulle teen Stanford Lake College op Merensky se astro-baan te staan gekom en die wedstryd 2-0 gewen. Die eerste doel is binne die eerste 12 minute van die wedstryd deur Xadrian Snyman aangeteken en die tweede deur Daniel Musekene ná 25 minute. Hul oorwinning het vir hulle in plek in die finaal van die liga besorg, waar hulle teen Merensky op die veld gedraf het.

Merensky het strawwe druk toegepas en met die blaas van die halftyd fluitjie was die Triegie-manne 0-2 agter. Hulle het egter goed teruggeveg in die tweede helfte en twee doele aangeteken vanaf die stok van Musekene in die laaste 12 minute om die wedstryd gelykop te laat eindig.

Die gelykoptelling het ‘n agt sekonde uitskiet-ronde tot gevolg gehad, waartydens Thato Legodi, Daniel Musekene en Wynand Benade elk ‘n punt aangeteken het. Merensky het ook tydens die uitskiet-ronde drie punte aangeteken en weer was die telling gelykop.

Die wedstryd het toe in ‘n valbylronde ingegaan. Triegies se doelwagter, Kevin Siebani, het ‘n skitterende vertoning gelewer deur Merensky se poging na die doelhok te keer, waarna Triegies se Murangi Baloyi Merensky se doelwagter gefnuik en sodoende vir Hoërskool Louis Trichardt die wedstryd laat wen het. Die eindstryd was ‘n naelbyter, wat toeskouers op die punte van hulle sitplekke laat sit het en die spannetjie het voorwaar hul skool en Louis Trichardt trots gemaak.  

Triegies se o.16-hokkieseuns het ook op 16 Junie aan die liga by Merensky deelgeneem, waar hulle vierde geëindig het. Hulle eerste wedstryd was teen Hoërskool Pietersburg, waar hulle 0-4 verloor het. Daarna het hulle teen Hoërskool Merensky gespeel en 1-5 verloor.

Wat Triegies se eerstespan hokkieseuns betref, het hulle 0-3 teen Merensky verloor in hulle eerste wedstryd, waarna hulle 1-1 gelykop gespeel het teen Stanford Lake. Dit het ook ‘n agt sekonde uitskiet-ronde tot gevolg gehad, waarna ook die eerstespan vierde in die liga geëindig het.

 

 
 
 

Viewed: 1293

 

 
 

Karla van Zyl

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT