ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hengelaar Charl Fritz van Lebubu met sy 3,3 kg swartbaars. Foto verskaf.

Charl land 'n bielie van 'n swartbaars by Middel Letaba

Date: 16 June 2023 By: Andries van Zyl

Hengelaars is welbewus daarvan dat die vis nie lief is om in die wintermaande te byt nie, maar dit beteken beslis nie dat hulle ophou byt nie. Jy moet maar net bietjie harder daarvoor werk.

Saterdag, 10 Junie, was een so ‘n “harder werk” dag vir Levubu-hengelaar Charl Fritz. Hy het besluit om bietjie by die amper leë Middel Letabadam te gaan lyn natmaak. Douvoordag was hy al op die oewer te midde van ‘n koue en nat misreën. Hy moes daar wag tot omtrent 12:00 toe hy hierdie bielie van ‘n swartbaars gehak het.

“Dié vis het my dag gemaak,” het Charl gesê. By die huis aangekom die aand het Charl die vis op die skaal gegooi. Dit het op ‘n volle 3,3 kg gaan staan!

 
 
 

Viewed: 1714

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT