ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Stryd om jaaroud-kampioenskap tussen Gerhardt en Louis

Date: 18 August 2022 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs het die afgelope naweek weer mekaar aangevat in ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Virginia oor ‘n afstand van 640 km.

Die wedvlugte is gevlieg in ‘n redelike sterk noordwestewind, met 117 duiwe wat in die jaaroudwedvlug vrygelaat is. Slegs die eerste 20 posisies word egter genoem, met Mimosa Hokke (Hpk) was die wedvlug gewen het, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 121.30 meter per minuut. Hulle was ook 4de en 14de. RWJ & Mike Coetzee (Hpk) was 2de en 8ste, Gerhard Bezuidenhout (Hpk) 3de, 15de en 16de, Louis Jordaan (Hpk) 5de, 7de, 9de en 10de, Pienaar Hokke (Hpk) 6de, 12de en 20ste, Marx Hokke (Spb) 11de, 17de en 18de, Nico Bezuidenhout (Hpk) 13de en TE Smit (Hpk) 19de.

In die opewedvlug is106 duiwe losgelaat. Hier het Pienaar Hokke met die louere weggestap, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1081.97 meter per minuut. Mimosa Hokke was 2de, 5de, 10de en 14de, Louis Jordaan 3de en 19de, TE Smit 4de, Gerhardt Bezuidenhout 6de, 15de, 17de en 20ste, Marx Hokke 7de en 18de, RWJ & Mike Coetzee 8ste en 13de en Nico Bezuidenhout 9de, 11de, 12de en 16de.

Met nog net een jaaroudwedvlug vir die seisoen oor, is die kompetisie tussen Louis Jordaan en Gerhardt Bezuidenhout, wat onderskeidelik 779 en 778 punte op die Jaaroudkampioen-punteleer het, besonder fel.

Eerskomende naweek ding die duiwe mee in ‘n langafstandwedvlug vanaf Kimberley.

 

 
 
 

Viewed: 1958

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT