ADVERTISEMENT

 

 
 

Generic image.

Duiweboere wedywer vanaf Bloemhof

Date: 28 July 2022 By: Andries van Zyl

Viewed: 596

Lede van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek ‘n matige noord-weste wind asook los reënbuie getrotseer in twee opewedvlugte vanaf Bloemhof.

In die 9A-opewedvlug is 135 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word genoem. Die wedvlug is gewen deur Gerhardt Bezuidenhout (Hpk), nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 118.09 meter per minuut. Hy was ook 5de en 16de. Mimosa Hokke (Hpk) was 2de, 8ste en 9de, Louis Jordaan (Hpk) 3de, 7de en 18de, Louis Gossman (Spb) 4de, RWJ & Mike Coetzee (Hpk) 6de, TE Smit (Hpk) 10de, Nico Bezuidenhout (Hpk) 11de, Marx Hokke (Spb) 12de, 13de, 14de en 15de, Pienaar Hokke (Hpk) 17de en 19de en Mieke & Mike Coetzee 20ste.

In die 9B-opewedvlug is ook 135 duiwe losgelaat. Hier was dit Mimosa Hokke wat met die louere weggestap het, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 169.03 meter per minuut. Hulle was ook 6de, 12de, 13de en 20ste. Gerhardt Bezuidenhout was 2de, 8ste, 9de, 14de en 18de, Marx Hokke 3de en 4de, RWJ & Mike Coetzee 5de, Louis Gossman 7de, Louis Jordaan 10de en 11de, Pienaar Hokke 15de en 19de, Sekelbos Hokke (Hpk) 16de en Oosie Oosthuizen (Spb) 17de.

Eerskomende naweek vind weer twee opewedvlugte plaas, dié keer vanaf Bloemfontein, oor ‘n afstand van 770 km.

 

 
 
 
 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

 
 

 
 

ADVERTISEMENT