ADVERTISEMENT

 

 
 

Generiese foto.

Twee eerste plekke vir Gerhardt vanaf Wolmaransstad

Date: 14 July 2022 By: Andries van Zyl

Viewed: 794

Duiweboere van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg Posduifklub (Spb) se duiwe het mekaar weer die afgelope naweek die stryd aangesê in ‘n jaaroud- en opewedvlug (middelpad) vanaf Wolmaransstad oor ‘n afstand van 606 km.

Die wedvlugte is gevlieg in ‘n matige noordewind wat nader aan die huis verander het in ‘n ligte suidoostewind. In beide wedvlugte is die eerste plek ingepalm deur Gerhardt Bezuidenhout (Hpk).

In die jaaroudwedvlug is 126 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 plekke word genoem. Gerhardt se wenduif het die afstand voltooi in ‘n tyd van 1 136.03 meter per minuut. Hy was ook 11de en 16de. Louis Jordaan (Hpk) was 2de, 6de en 8ste, Mieke & Mike Coetzee (Hpk) 3de, Marx Hokke (Spb) 4de, RWJ & Mike Coetzee (Hpk) 5de, 12de en 19de, Oosie Oosthuisen (Spb) 7de, Pienaar Hokke (Hpk) 9de, 13de en 20ste, Mimosa Hokke (Hpk) 10de, TE Smit (Hpk) 14de, Louis Gossman (Spb) 15de en 17de en Nico Bezuidenhout (Hpk) 18de.

In die opewedvlug is 128 duiwe losgelaat. Hier het Gerhardt se wenduif die afstand met ‘n spoed van 1 136,18 meter per minuut voltooi. TE Smit was 2de, 4de, 10de en 12de, Louis Jordaan 3de, 13de en 14de, Nico Bezuidenhout 5de, Marx Hokke 6de, 8ste, 9de, 11de en 16de, RWJ & Mike Coetzee 7de, Mieke & Mike Coetzee 15de, Pienaar Hokke 17de, Mimosa Hokke 18de en 19de en Oosie Oosthuisen 20ste.

In hierdie stadium gaan die punteverskil in die jaaroud-kategorie uitgespook word tussen Louis Jordaan (683) en Gerhardt Bezuidenhout (680).  Nog twee jaaroud wedvlugte is oor vir hierdie seisoen en hulle verskil net 3 punte op die oomblik.

Eerskomende naweek vlieg die klubs twee opewedvlugte vanaf Theunissen oor ‘n afstand van 675km.

 

 
 
 
 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

 
 

 
 

ADVERTISEMENT