ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiweboere begin mekaar jaag op punteleer

Date: 07 July 2022 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan hulle eerste middelpad-wedvlug vanaf Ventersburg oor ‘n afstand van 640 km, met redelike koue en ‘n ligte suidoostewind wat die duiwe bevoordeel het.

In die jaaroudwedvlug is 120 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word genoem. Dié wedvlug is gewen deur Louis Jordaan (Hpk), nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 315.99 meter per minuut. Hy was ook 2de en 3de. Louis Gossmann (Spb) was 4de, Marx Hokke (Spb) 5de, 6de, 7de, 8ste, 17de en 18de, RWJ & Mike Coetzee (Hpk) 9de, Nico Bezuidenhout (Hpk) 10de, Pienaar Hokke (Hpk) 11de, TE Smit (Hpk) 12de en 14de, Mimosa Hokke (Hpk) 13de en 20ste en Gerhard Bezuidenhout (Hpk) 15de, 16de en 19de.

In die opewedvlug is ook 120 duiwe losgelaat, met Marx Hokke wat met die louere weggestap het nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 268,35 meter per minuut. Louis Gossmann was 2de, 5de en 10de, Mimosa Hokke 3de en 16de, Mieke & Mike Coetzee (Hpk) 4de en 14de, Louis Jordaan 6de, 7de en 20ste, Pienaar Hokke 8ste, 13de, 15de en 19de, Gerhard Bezuidenhout 9de, 11de en 18de en RWJ & Mike Coetzee 12de en 17de.

Die kompetisie begin nou in alle erns en die lede begin mekaar nou jaag om hierdie jaar se Streekkampioen te wees. Tans is Louis Jordaan eerste op die punteleer met 1 166 punte, gevolg deur Gerhard Bezuidenhout tweede met 1 163 punte. Derde is Mieke & Mike Coetzee met 1 092 punte, Mimosa Hokke is vierde met 1 090 punte en RWJ & Mike Coetzee vyfde met 1 079 punte.

Die komende naweek vind die jaaroud- en opewedvlug plaas vanaf Wolmaransstad oor ‘n afstand van ongeveer 606 km.

 

 
 
 

Viewed: 1263

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT