ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die ondervoorsitter van die Louis Trichardt Krieketklub, Grant Phillipson (links), oorhandig die trofee aan Morne Olwage (regs), kaptein van die Vikings, was Sondag as wenners van die plaaslike T20-reeks uit die stryd getree het. Foto verskaf.

NTT Toyota Vikings gekroon as 20-beurt konings

Date: 24 June 2022 By: Andries van Zyl

Die afgelope naweek het ‘n fees van T20-krieket opgelewer, met beide die semi-finaal en finaal van die Louis Trichardt Krieketklub wat op die klub se A-veld beslis het.

Die NTT Toyota Vikings het Saterdag in die semi-finaal van die liga teen die Strikers te staan gekom en met ‘n 25 lopie oorwinning hulle plek in die finaal teen Limpopo Melkery verseker op Sondag.

Limpopo het in die finaal eerste gaan kolf, met openingskolwers Sahil Patel en AJ Fourie wat onderskeidelik 13 en 31 lopies bygedra het, waarna kolwer Leon Olwage, in op nommer drie, die langsteel ingelê het met ‘n indrukwekkende 101 lopies van slegs 53 balle af. Sy kolfbeurt het ingesluit sewe viere en agt sesse. Ná hom het die paaltjie egter vinnig gekantel, met slegs Jean-Michael Phillips en TE Smit wat nog dubbelsyfers kon aanteken van onderskeidelik 16 en 19 balle. Ná hulle toegelate 20 beurte het Limpopo op 195/9 gestaan in ‘n beurt wat 12 ekstras ingesluit het.

Vir die Vikings was Waldo van Deemter die top bouler en het drie paaltjies vir die verlies van 31 lopies in sy vier beurte geneem. Zander Volgraaff het twee paaltjies platgetrek vir die verlies van 37 lopies in vier beurte, terwyl Bielie van den Berg, Craig Viljoen en GH Smit elk een paaltjie gevat het.

Ten spyte van Leon Olwage se honderdtal was dit nie genoeg nie en die Vikings se kolwers het vanaf die eerste bal die telling gejaag. Op die ou end het hulle slegs vier kolwers nodig gehad op die telling verby te steek in die 19de boulbeurt, met Craig Viljoen, GH Smit (nie uit nie), Warno Smit en Zander Volgraaff (nie uit nie) wat onderskeidelik 42, 73, 23 en 42 met die kolf aangeteken het in ‘n beurt wat 16 ekstras van Limpopo se boulers ingesluit het. Vir Limpopo was die enigste bouler wat sukses gehad het Leon Olwage, wat twee paaltjies platgetrek het vir die verlies van 43 lopies in sy vier beurte.

Wat individuele prestasies tydens die liga betref is Warno Smit aangewys as die beste kolwer met die meeste lopies (218), terwyl Dirk van den Berg die beste bouler in die reeks was met 12 paaltjies.

 

 
 
 

Viewed: 1403

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT