ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Gerhard stap weg met ‘n wen in beide wedvlugte

Date: 16 June 2022 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hgk) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs het die afgelope naweek aan hulle derde stel wedvlugte van die jaar vanaf Magaliesburg oor ‘n afstand van 408 km deelgeneem. Windstil omstandighede het gesorg dat die duiwe moes uithaal om teen mekaar te kompeteer en ‘n gemiddelde spoed van 1 320 meter per minuut is gehandhaaf.

In totaal is 152 duiwe ingeskryf vir die jaaroudwedvlug, maar slegs die eerste 20 posisies word vermeld. Die wedvlug is gewen deur Gerhard Bezuidenhout (Hgk), wie se wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 320,24 meter per minuut. Louis Jordaan (Hgk) was 2de, 3de, 4de, 6de, 7de, 14de, 15de en 20ste, TE Smit (Hgk) 5de, 10de, 11de en 16de, Marx Hokke (Spb) 8ste en 9de, RWJ & Mike Coetzee 12de, 13de en 17de en Mieke & Mike Coetzee 18de en 19de.

Gerhard het ook met die louere weggestap in die ope-wedvlug, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 295.31 meter per minuut. Hy was ook 20ste. Mimosa Hokke (Hgk) was 2de, Mieke en Mike 3de, 17de en 18de, TE 4de, 12de en 13de, Louis 5de, 8ste, 9de, 10de, 11de en 19de, Pienaar Hokke (Hgk) 6de en 15de, RWJ en Mike 7de, Nico Bezuidenhout (Hgk) 14de en Sekelbos Hokke (Hgk) 16de.

Eerskomende naweek ding die twee klubs se duiwe mee in ‘n jaaroud- en ope-wedvlug vanaf Parys oor ‘n afstand van 495 km.

 

 
 
 

Viewed: 1141

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT