ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

111-lopie nederlaag vir dorp se krieketmanne

Date: 24 March 2022 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Krieketklub het Sondag behoorlik die wind van voor gekry deur ‘n 111 lopie nederlaag te ly teen die Nashua Aces in Polokwane in die volgende ronde wedstryde van die provinsiale Impala Premierliga.

Aces het ingegaan om eerste te kolf en, danksy dubbelsyfer lopie bydraes deur Michael Botha (10), Erik Viljoen (56), Armand Pansegrouw (40), Alex Hartslief (14), Vivek Cherion (15) en Johnny Wiggel, het die telbord aangeskuif na 209 voordat hulle laaste paaltjie in die 47ste boulbeurt geval het. Vir Louis Trichardt was Wimal Shah die beste bouler met ‘n boulontleding van drie paaltjies vir die verlies van 21 lopies in 10 beurte. Dirk van den Berg en Johan van Rooyen het elk twee paaltjie gevat, met FC Phillipson, Salman Patel en Tshepo Legodi wat elk een paaltjie ingeoes het.

Louis Trichardt se kolfbeurt het behoorlik gesukkel om aan die gang te kom. Die eerste vier paaltjies het geval vir ‘n skamele bydrae van 10 lopies. Slegs FC Phillipson, in op nommer vyf, kon dubbelsyfers van 44 lopies aanteken, met die laaste ses paaltjies wat ook geval het vir slegs ‘n addisionele 10 lopies. Louis Trichardt is almal uitgeboul in die 24ste beurt, met die telling op 98/10, wat ingesluit het 34 ekstras danksy Aces se boulers. Dit het aan Aces ‘n 111 lopie oorwinning besorg.

Aces bouler Guido De Marre was in verwoestende vorm gewees en het nie minder nie as vyf paaltjie platgetrek vir die verlies van slegs 15 lopies in ses boulbeurte. Spanmaat Michael Nell het op sy beurt drie paaltjies ingepalm vir die verlies van 35 lopies in ses beurte, met kaptein Jeandré du Plessis wat een paaltjie ingeoes het.

Ná Sondag se nederlaag sal Louis Trichardt se manne die naweek bietjie rus, met geen wedstryd wat gespeel sal word nie.

 

 
 
 

Viewed: 1608

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT