ADVERTISEMENT:

 

 
 

Toegang by die hekke beloop R30 per persoon en eet- en drinkgoed sal op die perseel te koop aangebied word. Argief foto.

Conway-dag beloof fees van rugby

Date: 10 March 2022 By: 

Die Louis Trichardt Rugbyklub se jaarlikse Conway Rugbydag eerskomende Saterdag, 12 Maart, beloof weereens ‘n fees van rugby.

Die dag se verrigtinge begin met skolerugby. Die eerste wedstryd skop om 08:00 af wanneer Hoërskool Louis Trichardt se o.14 rugbymanne te staan sal kom teen hulle eweknieë van Hoërskool Piet Potgieter. Om 09:00 sal Triegies se o.15’s teen Pieties se 0.15’s te staan kom, waarna Triegies se tweedespan om 10:00 Pieties se tweedes die stryd sal aansê. Die twee skole se o.16’s sal om 11:15 op die veld draf, gevolg deur die twee skole se hoofwedstryd van die dag tussen die eerstespanne om 13:30.

Die eerste klubrugby-wedstryd sal om 15:00 afskop wanneer Louis Trichardt se derdespan ‘n Zimbabwe-span die stryd sal aansê. Louis Trichardt se tweedes sal daarna vir Musina aandurf, met dié wedstryd wat om 16:15 begin. Die hoofwedstryd van die dag tussen Louis Trichardt en Letaba se eerstespanne begin om 17:30.

Toegang by die hekke beloop R30 per persoon en eet- en drinkgoed sal op die perseel te koop aangebied word.

“Kom geniet ‘n dag van lekker plaaslike rugby saam met ons,” het die klub se Kevin Gilbert genooi.

 

 
 
 

Viewed: 1894

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT