ADVERTISEMENT:

 

 
 

Luandi van Zyl van Hoërskool Louis Trichardt in die 400 m vir meisies o.19 waarin sy eerste was. Foto: Karla van Zyl.

Inter trots vir Triegies!

Date: 04 March 2022 By: Karla van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt se deelname aan vanjaar se Interhoër, wat op Vrydag 25 Februarie by Hoërskool Pietersburg aangebied was, is definitief een vir die boeke, met die skool wat altesaam spog met 18 eerste plekke, 16 tweede plekke en 26 derde plekke.

Ná die eerste paar items wat plaasgevind het, het Triegies hulself in die vierde plek bevind, net agter Hoërskool Tom Naudé. Hoërskool Louis Trichardt se atlete het, ten spyte daarvan, nie hulle skouers laat sak nie en het aan die einde van die dag algeheel derde geëindig, met PHS in die eerste plek en Hoërskool Merensky in die tweede plek. Hoërskool Louis Trichardt het ook ‘n derde plek ingepalm in die afdeling vir die Prestasiebeker, met Pietersburg Hoërskool in die tweede plek en Hoërskool Tom Naudé in die eerste plek. Triegies se atlete het onder andere teen die volgende hoërskole deelgeneem: Eric Louw, Merensky, Frans du Toit, Northern Academy, Tom Naude en PHS.

Triegies se atlete wat eerste plekke behaal het, was Vhangani Tshivhandekano (seuns o.15 300 m hekkies), Boikgantsho Masehla (meisies o.17 driesprong), Mijanke Venter (meisies o.14 driesprong), Zuanel van der Westhuizen (meisies o.17 diskus), Bernard Ramarope (seuns o.14 200 m), Gideon Joubert (seuns o.19 200 m), Andrea Badenhorst (meisies o.14 spiesgooi), Tshepo Legodi (seuns o.16 spiesgooi en was ook deel van die seuns o.14 aflosspan wat wen), Makhetwa Ramahala (eerste seuns o.15 verspring en rekord in die seuns o.15 driesprong), Ahmed Samie (in seuns o.14 in die 100 m, 100 m hekkies en verspring) en Luandi van Zyl (eerste meisies o.19 200 m, 400 m, 400 m hekkies en driesprong).

 

 
 
 

Viewed: 1856

 

 
 

Karla van Zyl

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT