ADVERTISEMENT:

 

 
 

Streek se skuts uitgenooi na gewilde ghongskiet

Date: 03 March 2022 By: Andries van Zyl

Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Kremetart-tak het die streek se skuts uitgenooi na hulle gewilde ghongskiet eerskomende Saterdag, 5 Maart.

Die skietdag sal gehou word by Mopanie Game Safaris, met registrasie wat vanaf 06:30 tot 07:00 plaasvind. Deelname kos R200 per inskrywing en sluit ‘n worsbroodjie in. (Ekstra worsbroodjies sal te koop wees).

Die kompetisie sal oor afstande van tussen 200 m en 500 m beslis word, met die ghongs se groottes wat wissel tussen 50 mm en 400 mm. Daar sal vanuit die lê-houding geskiet word en 10 rondtes sal benodig word. Die pryse vir die 10-skootbaan word deur Wildman Polokwane geborg.

‘n Opsionele baan sal ook  beskikbaar wees waar daar oor 700 m na ‘n ghong van 600 mm x 600 mm geskiet sal word oor verskeie rondes (twee skote per ronde). Ronde een kos R50, ronde twee R100, ronde drie R150 en ronde vier R200. Die helfte van die inskrywingsgeld in hierdie opsionele ronde sal as prysgeld aan wenners gaan.

Koeldrank en water sal verkoop word en ná die tyd sal daar ‘n bring-en-braai by Mopani Game Safaris se kamp wees. Eie eet- en drinkgoed moet hiervoor saamgebring word, maar pap en sous sal voorsien word.

Vir meer inligting, skakel Jaco Lyon by tel. 082 550 4208 of Hennie Cordier by tel. 083 866 5733.  

 

 
 
 

Viewed: 1784

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT