ADVERTISEMENT:

 

 
 

In die vroue-afdeling is Louise Lordan (links) as vrouekampioen gekroon, nadat sy die verdedigende kampioen Ronel Welman (regs) geklop het. Ronel het die titel van vrouekampioen vir bykans twee dekades (19 jaar) suksesvol verdedig en het met trots die nommer een posisie aan Louise oorgegee.

Nuwe vrouekampioen vir muurbalklub na 19 jaar

Date: 25 November 2021 By: Andries van Zyl

Die Soutpansberg Muurbalklub het op 18 November hulle jaarlikse klubkampioenskappe aangebied. In die vroue-afdeling is Louise Lordan as vrouekampioen gekroon, nadat sy die verdedigende kampioen Ronel Welman geklop het. Ronel het die titel van vrouekampioen vir bykans twee dekades (19 jaar) suksesvol verdedig en het met trots die nommer een posisie aan Louise oorgegee.

In die enkelspel vir mans het Erik Welman weggestap met die louere. Nardus Barnard was tweede met DJ du Preez in die derde plek.

Wat die dubbelspel rondomtalie betref was dit ma-en-seun span Ronel en Erik Welman wat die verdedigende kampioene Dirk du Preez en Nardus Barnard onttroon, met Bertus Guillaume en Christian Mocke in die derde plek. 

Die Soutpansberg Muurbalklub het vanjaar se klubkampioenskappe op tradisionele wyse afgesluit met ‘n houtraket toernooi. Dit is vanjaar aangebied as ‘n dubbelstoernooi met Nardus Barnard en Dirk du Preez wat as wenners aangewys is.

“Ten spyte van ‘n moeilike jaar met Covid-regulasies en onsekerheid oor die toekoms van die bane was dit steeds ‘n goeie jaar vir die muurbalklub.  Die klub bly oop oor die feestyd en alle spelers is welkom om steeds te speel,” het klubvoorsitter Ronel Welman gesê.

 
 
 

Viewed: 2438

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT