ADVERTISEMENT:

 

 
 

Soutpan (Louis Trichardt) se span, bestaande uit (van links na regs) Silvester Coetzee, André Lombard, Dick du Bruin en Susara Venter, eindig algeheel tweede in die B-afdeling en verseker daardeur vir hulle ‘n plek in Gauteng. Foto verskaf.

Soutpan spanne op pad na Gauteng Kampioenskappe

Date: 29 October 2021 By: 

Die Soutpan Jukskeiklub het die afgelope naweek gasheer gespeel vir die provinsiale finaal van die liga om te bepaal watter spanne/klubs op 6 November gaan deelneem aan die Gauteng Jukskeikampioenskappe in Pretoria.

Soutpan (Louis Trichardt) se span, bestaande uit Silvester Coetzee, André Lombard, Dick du Bruin en Susara Venter, eindig algeheel tweede in die B-afdeling en verseker daardeur vir hulle ‘n plek in Gauteng.

In die C-afdeling, waar Soutpan twee spanne ingeskryf het, eindig die span bestaande uit Manny Smith, Gerhard Schoeman (jnr.), Gerhard Schoeman (snr.) en Louis Oosthuizen eerste in die provinsie. Die ander span, bestaande uit Maud Myburgh, Lance Venter, Lara Venter en RC Myburgh, eindig algeheel derde in die C-afdeling. Met hulle derde plek kwalifiseer hulle ook vir deelname aan die Gauteng Jukskeikampioenskappe op 6 November.

 

 
 
 

Viewed: 1752

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT