ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

20-beurt krieketliga goed op dreef

Date: 17 September 2021 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Krieketklub se volgende ronde wedstryde in hulle 20-beurt reeks is die afgelope naweek beslis. Saterdag, 11 September, se wedstryd tussen Limpopo Melkery en die Drillers het nie gerealiseer nie, nadat die Drillers punte gestuur het. Sondag, 12 September, het Ridgeway College teen die NTT Vikings te staan gekom, met die NTT Vikings wat uiteindelik ‘n sewe-paaltjie oorwinning behaal het.

Die span van Ridgeway het eerste gaan kolf en ‘n baie skaflike 178 lopies vir die verlies van vyf paaltjies op die telbord geplaas in hulle toegelate 20 beurte. AJ Fourie het die span goed op dreef gekry met 34 lopies van slegs 33 balle af. Dit het ingesluit vyf viere, voordat sy paaltjie gekantel het vanaf die boulwerk van NTT Vikings se Leon Furstenburg. Dit was egter Craig Viljoen in op nommer drie vir Ridgeway wat die meeste skade met die kolf aangerig het. Craig het 73 lopies van slegs 38 balle af gemoker, wat ingesluit het ses viere en vier sesse, voordat Furstenburg ook sy paaltjie gevat het. Die telbord is ook goed aan die gang gehou deur Ridgeway se Suffiyan Dala, wat nie uit nie eindig op ‘n telling van ‘n vinnige 52 lopies van slegs 27 balle, wat ingesluit het ses viere en twee sesse.

Met Leon Furstenburg wat ontslae geraak het van die twee gevaar manne Fourie en Viljoen was hy ook NTT Vikings se beste bouler. Hy het geëindig met syfers van twee paaltjies vir die verlies van 46 lopies in vier boulbeurte. Bielie van den Berg en Grant Phillipson het elk een paaltjie geneem.

NTT Vikings se kolfbeurt het ietwat wankelrig begin toe openingskolwer Grant Phillipson been voor paaltjie betrap is ná slegs drie balle, met sy telling op nul. Ridgeway se feesvieringe wat egter van korte duur, met NTT Vikings se nommer twee, drie en vier kolwers wat behoorlik die langsteel ingelê het.

Morné Olwage het ‘n bestendige ankerrol gespeel met ‘n nie-uit-nie telling van 44 lopies vanaf 38 balle in ‘n kolfbeurt wat drie viere en drie sesse ingesluit het. Leon Furstenburg het egter heelwat haastiger gekolf vir sy 58 lopies vanaf slegs 31 balle in ‘n beurt wat 13 viere ingesluit het. Warno Smit het egter die meeste verwoesting gesaai met ‘n blitsige 43 lopies vanaf slegs 16 balle, wat drie viere en vier sesse ingesluit het. Danksy hierdie drie manne se kolfbeurte steek NTT Vikings die telling in 14,4 beurte verby met ‘n totaal van 179 lopies vir die verlies van slegs drie paaltjies.

Diegene wat nie weet wat om te doen op Erfenisdag, oftewel Nasionale Braaidag op 24 September, nie, kan gerus ‘n span inskryf vir die Louis Trichardt Krieketklub se Ses-aan-‘n-kant dag. Deelname kos R1000 per span met plek vir agt spanne om in te skryf. Die eerste agt spanne wat betaal sal kwalifiseer vir deelname. Die finale bepalings sal op 22 September bekend gemaak word. Bewys van betaling moet gestuur word aan Naomi by [email protected]. Die klub se bankbesonderhede is Louis Trichardt Krieketklub, Standard Bank, spaarrekeningnommer 438280156. Betalings moet voor of op 17 September gemaak word.

 

 
 
 

Viewed: 1814

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT