ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Mike hou vas aan sy titel as Jaaroudkampioen

Date: 02 September 2021 By: 

Mieke & Mike Coetzee van die Hangklip Posduifklub het die afgelope naweek skoonskip gemaak deur beide jaaroudwedvlugte vanaf Virginia te wen. Hierdie was die laaste jaaroudwedvlugte van die seisoen vir klubs in die Noordstreek (Hoedspruit en Soutpansberg Posduifklubs ingesluit) met Mike wat sy titel behou as Jaaroudkampioen vir 2021.

Die suid-westewind het die duiwe gehelp om ‘n spoed van tot 100 km/h te bereik in die 640 km vanaf Virginia. In die A-wedvlug is 97 duiwe vrygelaat. Slegs die eerste 20 posisies word vermeld, met lede van die Hangklip Posduifklub wat al hierdie posisies ingepalm het. Soos genoem het Mieke & Mike se duif die wedvlug gewen deur die afstand te voltooi met ‘n spoed van 1 611.61 meter per minuut. Hulle was ook 4de, 9de en 13de. Ben & Mariaan Pienaar was 2de, TE Smit 3de en 19de, Nico Bezuidenhout 5de, 10de en 16de, RWJ & Mike Coetzee 6de, 7de, 8ste, 12de, 14de en 18de, Legardt & Dian Jnr 11de en 17de, Gerhard Bezuidenhout 15de en Louis Jordaan 20ste.

In die B-wedvlug is 94 duiwe ingeskryf, met Hangklip se lede wat ook hier die eerste 20 posisies inneem. Mieke & Mike se wenduif se spoed was 1 633.43 meter per minuut. Hulle was ook 4de, 12de en 15de. Sekelbos Hokke was 2de, RWJ & Mike Coetzee 3de, 5de, 6de en 14de, Louis Jordaan 7de, 13de en 20ste, TE Smit 8ste en 17de, Gerhard Bezuidenhout 9de, 11de en 18de, Legardt & Dian Jnr 10de en 16de en Ben en Mariaan Pienaar 19de.

Eerskomende naweek neem die onderskeie klubs deel aan twee opewedvlugte vanaf Bloemhof oor ‘n afstand van 670 km in die laaste wedvlugte om die middelpad kampioen aan te wys. Die duiwe sal Vrydag losgelaat word.

 

 
 
 

Viewed: 1492

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT