Generiese foto.

Duiwe trotseer koue weer

Date: 22 July 2021 By: 

Viewed: 204

Lede van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg (Spk) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek te midde van die koue weer gewedywer in ‘n jaaroud- en opewedvlug, dié keer vanaf Ventersburg oor ‘n afstand van sowat 675 km, met beide wedvlugte wat gewen is deur Gerhardt Bezuidenhout se duiwe.

In totaal is 122 duiwe ingeskryf vir die jaaroudwedvlug, maar slegs die eerste 20 posisies word vermeld. Gerhardt Bezuidenhout (Hpk) palm die wedvlug in nadat sy wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1 474.66 meter per minuut. Hy was ook 7de en 8ste. Nico Bezuidenhout (Hpk) was 2de, 3de, 4de en 6de, Marx Hokke (Spk) 5de, Louis Gossmann (Spk) 9de, RWJ & Mike Coetzee (Hpk) 10de, 11de, 15de, 17de, 18de en 19de, TE Smit (Hpk) 12de en 13de, Ben & Mariaan Pienaar (Hpk) 14de, Mieke & Mike Coetzee (Hpk) 16de en  777 Hokke (Spk) 20ste.

In die opewedvlug het 119 duiwe deelgeneem. Soos genoem het Gerhardt ook hierdie wedvlug gewen, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 477.24 meter per minuut. Hy was ook 4de, 6de, 9de en 20ste. Mieke & Mike Coetzee was 2de en 7de, Nico Bezuidenhout 3de en 5de, TE Smit 8ste, Legardt & Dian Jnr (Hpk) 10de, Louis Jordaan (Hpk) 11de en 16de, Ben & Mariaan Pienaar 12de en 17de, RWJ & Mike Coetzee 13de, 14de en 18de, Marx Hokke 15de en Louis Gossmann 19de.

Eerskomende naweek sal die duiweboere se duiwe weer die winterkoue aandurf, dié keer in ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Bloemhof oor ‘n afstand van 670 km.

Wat die puntestand in die Noordstreek betref, beklee Louis Jordaan tans ‘n eerste plek. Legardt & Dian Jnr is tweede, met Gerhardt en Nico Bezuidenhout onderskeidelik in die derde en vierde plek. RWJ & Mike Coetzee is vyfde op die punteleer.

 

 
 

 
 
 
 
 
 

Email: 

 
 

More photos...