ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Louis gekroon as kortafstand-kampioen

Date: 01 July 2021 By: 

Lede van die Hangklip (HPK) en Soutpansberg Posduifklubs (SPK­) het die afgelope naweek deelgeneem aan hulle laaste “kortafstand” wedvlugte vanaf Ventersdorp vir die jaar. Hierdie was ook hulle duiwe se vinnigste wedvlugte van die seisoen sover.

In totaal is 188 duiwe ingeskryf vir die jaaroudwedvlug oor 480 km, maar slegs die eerste 20 posisies word vermeld. Die wedvlug is gewen deur Gerhard Bezuidenhout (HPK), nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 685.78 meter per minuut. Hy was ook 8ste, 11de en 18de. RWJ & Mike Coetzee (HPK) was 2de, 3de, 4de en 10de, Nico Bezuidenhout (HPK) 5de en 9de, Mieke & Mike Coetzee (HPK) 6de en 12de, Legardt & Dian Jnr (HPK) 7de, 13de, 17de en 20ste, Erasmus Hokke (HPK) 14de, Marx Hokke (SPK) 15de, Ben en Mariaan Pienaar (HPK) 16de en Louis Gossmann (SPK) 19de.

In die opewedvlugte het 184 duiwe deelgeneem. Die wedvlug is gewen deur Mieke & Mike Coetzee, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 687.09 meter per minuut. Hulle was ook 9de en 17de. Nico Bezuidenhout was 2de en 10de, TE Smit (HPK) 3de, 18de en 19de, RWJ & Mike Coetzee 4de, 5de, 7de en 8ste, Ben & Mariaan Pienaar 6de, Gerhard Bezuidenhout 11de en 14de, Marx Hokkie 12de en 13de en Louis Jordaan (HPK) 20ste). Wat die kortafstand-kampioenskap betref, het Louis Jordaan eerste geëindig met 938 punte. Nico Bezuidenhout was tweede met 921 punte, met Legardt & Dian Jnr derde met 916 punte.

Eerskomende naweek sal die klubs deelneem aan die eerste van hulle middelafstand wedvlugte tydens ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Virginia oor ‘n afstand van 640 km.

 

 

 
 
 

Viewed: 1347

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT