Generiese foto.

Duiwe spook sakeuit vanaf Magaliesburg

Date: 17 June 2021 By: 

Viewed: 562

Lede van die Hangklip- (HPK) en Soutpansberg Posduifklub (SPK) se duiwe het die afgelope naweek gewedywer in ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Magaliesburg.

In totaal is 170 duiwe ingeskryf vir die jaaroudwedvlug, maar slegs die eerste 20 posisies word vermeld. Die wedvlug is gewen deur Louis Jordaan (HPK) ,wat sy derde wen in twee weke aanteken, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 456.26 meter per minuut. Hy was ook 3de, 4de, 9de, 12de en 18de. Mieke & Mike Coetzee (HPK) was 2de, 8ste en 16de, RWJ & Mike Coetzee (HPK) 5de, 6de, 7de, 10de en 11de, TE Smit (HPK) 13de, Nico Bezuidenhout (HPK) 14de, Erasmus Hokke (HPK) 15de, Legardt & Dian Jnr (HPK) 17de, Marx Hokke (SPK) 19de en Ben & Mariaan Pienaar (HPK) 20ste.

In die opewedvlug het 173 duiwe deelgeneem. Die wedvlug is gewen deur Ben & Mariaan Pienaar, nadat hul wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 460.63 meter per minuut. Louis Jordaan was 2de, 4de, 5de en 15de, Legardt & Dian Jnr 3de, RWJ & Mike Coetzee 6de, 7de, 12de en 13de, Mieke & Mike Coetzee 8ste, 10de en 20ste, Nico Bezuidenhout 9de en 16de, TE Smit 11de, Gerhard Bezuidenhout (HPK) 14de en 17de en Erasmus Hokke 18de en 19de.

Wat die algehele punte in die streek kampioenskappe betref, lê Louis Jordaan eerste met 596 punte. Legardt & Dian Jnr is tweede met 545 punte en Nico Bezuidenhout derde met 537 punte. Eerskomende naweek vlieg die twee klubs se duiwe vanaf Parys in ‘n jaaroud- en opewedvlug.

 

 
 

 
 
 
 
 
 

Email: 

 
 

More photos...