ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Slegs ligawedstryde, nie ‘n rugbydag nie

Date: 08 May 2021 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Rugbyklub sal Saterdag, 15 Mei, gasheer speel vir verskeie ligawedstryde tydens wat voorheen bekend gestaan het as die Conway Rugbydag.

Klubvoorsitter Kevin Gilbert het egter gemaan dat hulle nie die dag mag adverteer as ‘n rugbydag wat oop is vir toeskouers nie vanweë die beperkings wat op sportbyeenkomste geplaas word ingevolge die Covid-19 regulasies. Dit sluit in toeskouers op die paviljoene en toeskouers in voertuie om die rugbyveld. “Slegs skeidsregters, spelers, hul afrigters en lede van die spanne se tegniese personeel sal toegelaat word,” het Gilbert gesê. Die dag sal derhalwe ook nie meer bekend kan staan as die jaarlikse Conway Rugbydag nie.

Die eerste wedstryd tussen Laerskole Louis Trichardt en Messina se 0.9-spannetjie skop om 10:15 af, waarna die twee skole se o.10-spanne om 11:10 op die veld sal draf. Die o.11-spanne sê mekaar die stryd aan om 12:05, met die skole se eerstespanne wat mekaar om 13:00 sal pak.

Om 14:00 is dit die senior klubs se beurt, met Louis Trichardt 3 wat teen Potgietersrus 3 op die veld draf. Musina 2 en Heuwelkruin 2 se wedstryd skop om 15:45 af, gevolg deur Louis Trichardt en Potgietersrus se tweedespanne se wedstryd om 17:00. Die laaste wedstryd van die dag tussen Louis Trichardt en Potgietersrus se eerstespanne skop om 18:30 af.

Vir meer inligting oor die wedstryde, skakel Kevin by tel. 082 892 8769.

 

 

 
 
 

Viewed: 1386

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT