ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Schyffontein Praktiese Pistoolskietklub op Louis Trichardt het onlangs ‘n nuwe bestuur verkies tydens hulle algemene jaarvergadering. Die nuwe voorsitter is Jerry Cloete (links), met Jolani Kloppers (middel) as sekretaresse/tesourier en Gideon Mellows (regs) as ondervoorsitter. Foto verskaf.

Klubskiet sorg vir baie opwinding

Date: 02 April 2021 By: 

Die Schyffontein Praktiese Pistoolskietklub op Louis Trichardt het op 27 Maart ‘n uiters suksesvolle klubskiet aangebied met bykans 40 deelnemers.

Een van die hoogtepunte die dag, was die Noorde Wapens-uitdaging waar skuts ‘n baan teen tyd moes skiet. Die wenners van die uitdaging was Wayne du Toit (20.11 sekondes), met Jerry Cloete tweede (22.17 sekondes) en Christo Snyman derde (29.62 sekondes).

“Noorde Wapens het regtig uit hulle pad uit gegaan met hul borgskap en stalletjie die dag. Daar was 30 mense wat baie goeie pryse ontvang het met mans, vroue en kinders wat geskiet het,” het Jerry (klubvoorsitter) gesê. Hy het sy dank uitgespreek teenoor almal wat skenkings gemaak het. “Ons wil graag ons klubhuis by die baan klaar maak, dus help elke bietjie,” het Jerry gesê.

Die algehele wenners van die dag was Corné Smith, met Robert Aitken in die tweede plek en Jerry derde.

Intussen het die klub 'n nuwe bestuur tydens hulle algemene jaarvergadering in Maart. Die nuwe voorsitter is Jerry Cloete, met Jolani Kloppers as sekretaresse/tesourier en Gideon Mellows as ondervoorsitter. Jerry het inwoners en voornemende lede daarop gewys dat die skietbaan buite Louis Trichardt op die plaas van klublid Bez Bezuidenhout en die klub self twee verskillende entiteite is. “Die skietklub gebruik net Bez se baan. Die baan behoort aan hom,” het Jerry gesê.

Vir meer inligting oor die klub en hoe om betrokke te raak, skakel Jerry (083 453 5076), Jolani (083 995 4362) of Gideon (084 032 9946). 

 
 
 

Viewed: 1349

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT